As jy lekker goed teen ‘n Kookwater prys haat, moenie die brief oopmaak nie

Posted on
cheap as chips

Welkom terug na jou welverdiende vakansie. Die kinders is terug skool toe en jy verdien ‘n bederf.  Daai eerste dag terug by die werk is stresvol.  Ek onthou nog goed van my dae in die onderwys, die ware woorde: Dis goed en wel om 4 vakansies per jaar te he, maar het jy enige idee hoe erg dit is om 4 keer per jaar terug te gaan werk toe na ‘n vakansie.  Hoe dit ook al sy, jy verdien ‘n bederf.  Die mense by jou werk verdien ‘n bederf omdat hulle jou moet verdra vir daai eerste dag of twee na jou vakansie.  Kookwater help graag.  Ons het meer as 7 produkte se pryse drasties verlaag.  Vra gerus vir ‘n pamflet as jy by die winkel kom om seker te maak jy mis nie iets nie.

 

SPEK (Bacon) was R30.75 vir 200g, NOU SLEGS R20.50.  SAMPIOENE (R22.50 vir 200g) is terug, 350g BUTTANUTT neutmelkies was R9.50, NOU 3 VIR R25, KAAS SNYTJIES 28 vir R33, 1KG LANCEWOOD DUBBELROOM KLAPPER YOGHURT R15, TRUVIA versoeters vir bak was R25 – NOU SLEGS 3 VIR R57. BEBETO LEKKERS – nou 3 vir R25

 

Maak seker almal is bly dat jy terug is.  Reel ‘n koek of twee en ‘n lekker melktert vir teetyd.  DIE KOEK VAN DIE WEEK IS BEST OF BOTH – was R120, NOU R110. Vat van ons verskeidenheid koffies (Nespresso compatible kapsules vir R42.50 vir 10) en tees (soos kitstee en redespresso). Bederf die kinders met ons groot verskeidenheid YOGHURTS: 6PAKKE vir R12.50,  500g LANCEWOOD DUBBELROOM – 3 SOORTE R12.50, 450G NUTRIDAY 3 SOORTE VIR R12.50, 850G Parmalat yoghurt R17.50.  

 

As die son vanaand sak, bederf jouself met ‘n PIENK TONIC (gooi iets by as jy wil). Ons het blikkies vir R7.50 (R17 elders) of R132 vir 24 (R5.50 elk). Koop genoeg die BB datum is 2026. Die somervakansie is om die draai.

 

Jy het tyd gehad om te dink op vakansie. Het jy hieraan gedink?  1.  BEING WEAK IS HARD,   BEING STRONG IS HARD.  CHOOSE YOUR HARD.   2. Wie is jy as niemand kyk nie?   3.  Ek was gister planke toe met ‘n sleg hoes en kyk toe weer ‘n stukkie van die fliek GLADIATOR.  Die woorde wat my altyd bybly is: WHAT WE DO IN LIFE, ECHO’S IN ETERNITY.  Wat is jou eggo?

 

Het jy al ooit gewonder hoekom kry jy ‘n sleutel as jy 21 word?  Dis net ‘n mooi manier om vir jou te se gaan soek vir jou ‘n blyplek.

 

‘Peanut Butter’ het baie ‘anger issues’.  Eers skeur hy my brood en daarna wil hy my wurg.

 

Geniet die kaggel(ons het weer volop kurkdroe beginsels – 3sakkies vir R45), die heerlike pasta (mammie gooi lekker bacon en sampioene in) en ‘n mooi glas met iets pienk in.

 

Hoeserige Groete

Frans Dubbelroom