‘n Span dokters en sielkundiges het onlangs ‘n artikel gepubliseer in die NEW ENGLAND JOURNAL OF MEDICINE. Hulle het bevind dat die mees produktiewe ouderdom van die mens is tussen 60 en 70. Die tweede mees produktiewe tydperk is tussen 70 en 80 en die derde is tussen 50 en 60. Glo jy dit? Ek doen. Jy leer jou hele lewe lank en bou kennis op. Jy bereik die toppunt van jou geestelike en verstandelike potensiaal op 60 en dit hou aan tot minstens 80. DIS ‘N SKANDE EN ‘N MORS VAN JOU POTENSIAAL OM OP 60 OF 65 AF TE TREE EN TE GLO DAT JY NIKS MEER HET OM BY TE DRA TOT JOU LAND, JOU GEMEENSKAP, JOU GELIEFDES NIE.
Hier is ‘n paar feite: Die gemiddelde ouderdom van Nobelprys Wenners is 62. Die gemiddelde ouderdom van die presidente van die 100 grootste maatskappye in die wereld is 63. Die gemiddelde ouderdom van die pastore van die 100 grootste kerke in die VSA is 71. Ek sien te veel mense wat reeds dood is op 50 terwyl hulle nog asemhaal. Ek omring my met mense wat 70, 80 jaar oud is en die lewe elke dag aangryp. Dis my rolmodelle. Ons land het mense nodig wat ‘n verskil wil en kan maak ongeag hul ouderdom. Ons land het jou nodig. Wat doen jy om ‘n verskil te maak? Skakel jy jou kennis af as jy aftree? Kyk rondom jou en help ‘n bietjie. ASSEBLIEF.
Ons se te min dankie. Ek sien al hoe meer hoe die regering en munisipaliteit uit hul pad gaan om skoon te maak waar die mense mors. Ek sien die laaste paar maande meer as een keer per week hoe rommel langs die N1 opgetel word. Ek sien die laaste maand ook gereeld hoe Drankenstein Munisipaliteit die rommel langs Piet Retiefstraat tussen Wellington en Paarl laat optel. Wat my die meeste opval is die produktiwiteit wat toegepas word. ‘n Paar jaar gelede is ‘staatsdienstake’ soos vullis optel langs die strate gedoen deur groepe van 5 tot 10 wat uiters onproduktief was – werkskepping…. Deesdae word dieselfde take gedoen deur 1 of 2 mense. Die werkskepping kan dan op vele ander plekke gedoen word. DANKIE, DANKIE, DANKIE.
Kookwater het in die laaste 3 dae op facebook pryse van 15 van ons nuutste produkte vergelyk met die pryse van groot supermarkte se pryse. Identiese produkte soos Dove seep, Rhodes sappe, Melrose, Yogofun, Parmalat botter, 6pakke yoghurt. Die gevolgtrekking? Die 15 produkte se gewone supermarkprys is R680.90. Kookwater se prys R332.10. Jy spaar dus R348.80. ONS PRYSE IS 51% GOEDKOPER. Dis hoe jy geld spaar. Dis hoe jy uitkom met jou salaris.
Hierdie is die 15 produkte:
- 250ml VARS ROOM R15 (Elders R27.99) Wellington is ongelukkig uitverkoop. Newton en Malmesbury het nog.
- 100g Melrose KAASDRIEHOEKIES R15 (R35 elders)
- 5 liter Rhodes SAP R65. (Elders R85)
- 150g Parmalat Gerookte Paprika BOTTER R9.90 (Elders R55)
- 6x100g Parmalat YOGHURT R12.50 (Elders R26.99)
- 100g Pedigree sous – 2 vir R10. Elders R15 elk
- 1kg PLAIN YOGHURT R7.50 (Elders R44.99)
- DOVE SEEP R16 (Elders R25.99)
- 1kg Dubbelroom Lancewood YOGHURT R27.40 (Elders R55)
- Game Sports Drink R9.90 (Elders R26.99)
- 6x200ml SAPPIES R24.90 (Elders R59.99)
- 40g PRINGLES R9.90. (Elders R21.99)
- 30 JUMBO EIERS R89 (Elders R140)
- VARS BROOD R10 (Elders R15.99)
- 820g Ingelegde Perskes R15 (Elders R45)
Daar is ‘n paar ander pryse wat ons nie kon vergelyk nie, want niemand het bv waterblommetjies nie. Ons prys R85 per kg.
Beginsels (kurkdroe fire starters) teen R16.50 of 3 sakkies vir R45.
900g YOGOFUN R7.50 (Drinking YOGHURT).
- Ek het opgehou rook… Ek het opgehou drink… Ek het opgehou vloek…. Nou moet ek nog net ophou lieg!!!
- Ek het besluit om hierdie week net 1 glas wyn te drink voor ek in die bed klim. Ek het gisteraand 11 keer in die bed geklim.
- Soms wil ek net he iemand moet my styf vashou en my vra “Hoeveel geld wil jy he?”
- Jy is so mooi, ek wens ek was skeel sodat ek 2 keer na jou kan kyk as jy verby loop.
- Ja, ons weet liefde is belangriker as geld, maar het jy al ooit probeer om jou Edgars rekening met ‘n drukkie te betaal?
Geniet die kaggel, die groen orals rondom jou en KOOKWATER SE KOEKWOENSDAG. Koop ‘n koek vandag en kom in aanmerking vir die trekking om nog ‘n koek te koop. Die koek van die week is Plaatkoek. Was R180, nou R170.
Outoppie groete
60 plusser Rossouw




















