Welkom terug – DIS KOEKWOENSDAG

Posted on
hoofblad

Dit was ‘n heerlike naweek.  Die volgende langnaweek le en wag vir jou.  Jy kan nie net leef vir die naweke nie.  Elke dag is lekker.  Dit hang net af of jy dit so beplan.  Dis mos Woensdag – reel iets lekker vir teetyd by die werk.  Mariette het ‘n heerlike nuwe Marshmallow koek ontwerp.  Hy wag vir jou.  My gunsteling is nog steeds daai WORTELKOEKE en natuurlik Oom Freddie se lekker dik MELKTERT.  ‘TODAY IS A GOOD DAY FOR A GOOD DAY’.  Vir ingeval jy gewonder het hoekom Koek Woensdag so genoem word:  As jy ‘n koek of tert koop op Woensdae, kom jou naam in die trekking om nog ‘n gratis koek te wen.  Een koekwenner in elke winkel.

 

Ons het heerlike nuwe produkte ingekry en natuurlik met heerlike pryse:

  • Eerste graad ‘Large’ EIERS :  R36 vir 18.
  • JACOBS CAPPUCCINOS – R39 vir 10 sakkies,  1kg geroosterde Koffiebone R240, 450g BESKUIT R25 en ‘n melktert of twee om die prentjie af te rond.
  • 750g Gerasperde Parmalat GOUDA R85, KAAS ‘SLICES’ R18.50 vir 14, Bonnita EDAM KAAS R105/kg, 1e graad GOUDA KAAS R59 vir 400g
  • 350ml BUTTANUTT NEUTMELKIES R9.50, 125ml ULTRAMEL VLA R46 vir 6, 100g pakkies neute, 200ml VRUGTESAPPIES R33 VIR 6,  CABANA 2 LITER R19.50, 1 liter R11.50.
  • 6X100g YOGHURT R9.90 – Dit raak nou min.  40g PRINGLES R11.25,  80g HEAVENLY BEACON Sjokolade R9.90.
  • 6 soorte ontbytpap: Weetbix R19.90 vir 450g, Kelloggs Frosties R29.90, Nestle Cini Minis R29.90, 500g Vitality Life R29.90, Kelloggs Mash-Ups R39, 400g ‘INSTANT OAT FLAKES’ R16.90.
  • Pragtige Lemmetjies R17/kg, Appels – 4 vir R12

Ek probeer elke dag dankbaar wees vir ietsies en dinge…..   Vandag is ek net dankbaar dat plooie nie pyn nie.

Ek het gister ‘n noue ontkoming met ‘n grassnyer gehad…..Hy’t amper ge’start’.

Hulle se mos jy moet baklei vir dit waarvoor jy lief is en toe….. toe timmer ek Tops se bestuurder…

Ek het vandag daai ekstra myl probeer loop vir my werk.  Toe kry my baas my langs die pad en vat my terug werk toe.

Ek het aangesluit by die Gym… Hulle se mos mens moet los klere aantrek.  As ek los klere gehad het, was ek nie by die gym nie.

Kan jy glo…. My buurman klop vanoggend half drie aan my deur.  Gelukkig was ek nog aan die doedelsak speel.

Het jy al vinnig ‘n epos gestuur en gese  ‘Goeie moer’  in plaas van Goeie more’?

 

Geniet daai koeke en terte,  die pragtige dag daar buite en die beplanning vir die volgende langnaweek.

 

Melktert Groete

Frans Kaaskoek