Twee motors bots reg van voor en word heeltemal vernietig. Uit een wrak kruip daar ‘n vrou – heeltmal ongedeerd – en uit die ander wrak kruip ‘n man – ook sonder ‘n skrapie op hom. “Dit is ‘n wonderwerk” se die vrou, “Ek ‘n vrou, jy ‘n man en albei het hierdie vreeslike ongeluk oorleef. Dit moet ‘n teken van bo wees dat ons vir ewig en altyd saam moet wees.”. ‘Jy is reg’ se die man, ‘Dit is beslis ‘n wonderwerk en ‘n teken vir ons’. “En kyk” se die vrou, “hier is ‘n bottel wyn wat wonderbaarlik nie gebreek het nie. Kom ons maak dit oop en drink dit om ons nuwe verhouding te vier.” Die vrou maak die wyn oop en gee dit vir die man aan wat ‘n groot sluk vat. Hy gee die bottel vir haar, maar sy sit nie haar mond daaraan nie. ‘Wat is fout?’ vra die man, ‘Gaan jy nie daarvan drink nie?’ “Ag nee wat” se die vrou, “Ek gaan maar vir die polisie wag”. … Lees gerus verder6, 4, 2, 0. Soos die beurtkrag daal, so VRY ONS AL LEKKERDER BY KOOKWATER