- Ek staan vanoggend op, ek tel my arms op, beweeg my bene, ek draai my nek en ALLES KRAAK. Toe kom ek tot die wonderlike gevolgtrekking: Ek is nie OUD nie – ek is KRAAKVARS.
- Die seuntjie kom by sy juffrou in die klas en se: ‘Juffrou, ek wil jou nou nie bang praat nie, maar my pa se as my punte nie drasties verbeter nie, gaan iemand gemoer word’
- Die enigste iemand wat my ooit wou vat soos ek is, was die polisie.
So ja, Hopelik breek daai glimlag bietjie deur. Kom ons Maak daai glimlag nog groter. As ek iets VERNIET kry, hang ek graag tanne uit:
- Koop 4 reuse KONINGS proteas of MADIBAS vir R55 en KRY NOG EEN GRATIS.
- Koop ‘n bakkie GESIGGIES vir R15 en kry ‘n sespak AFRIKANERPLANTJIES VIR R10
- Koop 20 dubbele SONNEBLOM PITTE VIR R20 en kry nog ‘n pakkie van 20 pitte GRATIS. Dis pragtige plante.
MAN MAAR DIE RUGBY WAS LEKKER OM TE KYK. Dis tyd om beter te beplan vir Saterdag se wedstryd. SATERDAG WEN ONS DIE RUGBY EN DIE VERVERSINGS:
- Oom Freddie se Melktert R120, Mariette se Wortelkoek is ‘n wenner.
- Bloubessies, Dadels, MAKATAAN, Waterblombredie (R75 per kg)
- KAAS vir die kaasbord: EMMENTAL, 30 Maande verouderde Cheddar R43, 12 Maande verouderde Cheddar R43 en ‘n pragtige SWARTSKIL 12 Maande verouderde Gouda R43.
VAN KAAS GEPRAAT – Kyk bietjie rond en soek ENIGIEMAND wat kwaliteit kaas verkoop teen R89 per kg. KOOKWATER DOEN.
- Gerasperde Gouda R89 per kg
- ‘DICED’ Mozzarella: R89 per kg
- 6 Maande Verouderde Cheddar Loaves – R95 per kg.
Mag jou huis blom met pragtige Proteas, mag jou tuin blom met dubbele sonneblomme en mag ons die Springbokke se wedstyd EN die verversings ver wen.
Kraakvars Groete
Baie-maande-verouderde Rossouw
















