ERFENISDAG – BRAAIDAG BY KOOKWATER

Posted on
Makataan

Kookwater het ‘n paar tradisionele dinge wat jou dag lekker sal maak.  Ons is natuurlik heeldag Woensdag oop van 8 tot 5.  Jy kan lekker kom snuffel.

  • WATERBLOMMETJIES.  R75 per kg.  Beplan ‘n lekker potjie.  Dis mos tradisie.
  • Oom Freddie se lekker dik Tradisionele MELKTERT R120.  Terwyl jy wag vir die pot, sit hierdie nommertjie voor.  ‘n Koppie Sawwelyf sal die prentjie mooi afrond.  200g JACOBS BARISTA GEMAALDE KOFFIEBONE R45 – dis nou koffie.  Dit mag so wees dat Jacob nie ‘n Afrikaner is nie, maar Jan Spies is en as ons ‘n koppie sawwelyf moet inkry, is Jacob s’n ‘n wenner.
  • KONINGSPROTEAS 4 vir R55.  Dis ons nasionale blom en PRAGTIG.
  • MAKATAAN R35.  Dis eg Suid Afrikaans.  Jy kan maar probeer om daai ou naam in ‘n ander land te kry.  Jy sal nie.
Wat van ‘n kaasbord terwyl julle wag vir die pot?
  • Matured Cheddar loaves R95 per kg
  • Galbani MOZZARELLA loaves R95 per kg
  • EMMENTAL Kaas – R140 per kg (R425/kg elders) Dis die kaas met die gate in.  Hy lyk mooi op ‘n kaasbord – jy koop net ‘n stukkie van R35 of so..
  • GERASPERDE GOUDA R89 per kg.  Dit sal nie juis op ‘n kaasbord pas nie, maar terwyl ons nou kaas praat en jy nerens ‘n lekkerder, goedkoper kaas sal kry nie, moet ons dit noem.
  • Wheatsworth koekies 3 vir R5.  Koop ‘n klomp hierdie wenner gaan lekker saam met kaas.  MOENIE VERGEET OM DIE MAKATAANSTUKKE op die bord te sit nie.  Verouderde kaas moet ‘n soet maat he.
Kookwater gee jou heeldag af om in die tuin te werk.  Ons het massas Gesiggies en Grasangeliere teen R15 per sespak en natuurlik nog daai Reuse DUBBELE SONNEBLOMPITTE – R20 vir 20 PITTE.  AS JY NOU KOOP, KRY JY NOG ‘N PAKKIE VAN 20 PITTE GRATIS  as jy ‘n pak van 20 koop.  GAAN GROOT.
 
  • Twee boere van ‘n skelm wat steel en gee hom ‘n dobbelsteen.  “As jy 1 tot 5 gooi, dan gaan ons jou BAIE HARD BL….”  Die skelm vra: “En as ek ‘n 6 gooi?”      “Dan kan jy weer gooi”
  • As Jan van Riebeeck nie teer in die land ingebring het nie, dan het ons nie vandag met potholes gesukkel nie.
  • Jan aan sy vrou: “Engel, ek het ‘n probleem”.  Sy vrou se: “Stop net daar….. ons is getroud en ons is saam in die ding.  Se eerder ons het ‘n probleem.  Deur dik en dun staan ons saam, so jou probleem is ons probleem.” Jan: Sjoe, dankie tog.  Dit maak dit makliker.” Vrou: “OK, nou kan jy my vertel wat op jou hart is.”    Jan: “Op een of ander manier het ONS jou suster swanger gemaak.”
  • Kan die banke nie ook specials het nie?  Miskien iets soos: Trek R500 en kry R300 gratis.
Traditionele Francois Groete