‘n Ou gunsteling het weer opgedaag: SAMPIOENE – 200g vir R22.50 – wit knopies en wit gesnydes en R39.90 vir 400g Wit en bruin gesnydes gemeng. Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n verskaffer daar naby Touwsrivier gehad. Hulle het toegemaak tot ons groot ontsteltenis, maar gelukkig kon ons nou hierdie nuwe verskaffer kry. My vrou gooi sampioene in omtrent alle soorte kosse en ek is mal daaroor. Heerlik en nogal gesond ook.
Die lekker sterk Afrikaner plantjies (R15 per sespak) sal jou en jou tuin lekker opvrolik. Ek het liggies gegrynslag toe ek verlede Vrydag by twee winkels sien dat hulle dieselfde sespakke verkoop vir R40 en R45. Jo Jo Jo.
Nog ‘n paar nuwighede: ‘n pak van 64 ‘Baby Wipes’ vir R17.50, 152g KOFFIELEKKERS R10.90, 2KG MOZZARELLA R199, 500G YOGHURT R9.90, Heerlike KOUE VLEISE vir die kinders wat tuis is.
Die koek van die week is KLAM BAR ONE KOEK. Dubbellaag R120, Drielaag R185. Geniet dit.
My Ma het altyd gese ‘As jy jou wortels eet, sal jou sig verbeter’. My Pa het gese “as jy baie brandewyn drink sal jou visie verdubbel”. Wie moet ek glo?
Jannie: ‘Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?’. PA: “Om hom ‘n kans te gee om ook iets te se.”
Die Karoo wys sy koue kant hier op Prins Albert. Vroegoggend is dit ryptyd, maar tussen 11 en 16:00 is dit heerlik. Saans kruip ons maar vroeg in om warm te bly. Ek het gister 2 Geitjies in die stoor ontdek. Hulle het nie juis vinnig beweeg nie. Die koudbloedigheid doen dit nie vir hulle nie.
Geniet die Sampioene, die kaggel en die pragtige Afrikanerblommetjies.
Karoo groete
Frans Mushroom.













