Die ou prospekteerder het die dorp met sy moee pakmuil binnegeskuifel. Hy maak sy muil buite die saloon vas en terwyl hy die stof van hom afskud, kom ‘n jong skarminkel uit die kroeg gestap. Hy het ‘n rewolwer in die een hand en ‘n bottel whisky in die ander. “Hei, ou man, het jy al gedans?” vra hy. Die ou man kyk hom op en af. “Nee, ek het nie. Ek wou nog nooit regtig dans nie.” ‘n Klomp mense het rondom hulle vergader en die skarminkel se: “Wel, Oubaas, jy gaan nou bietjie dans” en hy begin na die ou man se voete skiet. Die ou prospekteerder spring rond soos ‘n wurm op ‘n warm sinkplaat en die klomp mense lag hulle slap. Toe sy ammunisie op is, sit die jong man sy rewolwer terug en draai terug kroeg toe. Die ou prospekteerder stap na sy pakmuil, haal sy dubbelloophaelgeweer uit en haal hom oor. Die skarminkel hoor die geluid en draai stadig om. Stilte sak oor die toneel. Die skare is gefokus en die jong man kyk in ‘n dubbele geweerloop vas. Toe praat die ou man: “Seun”, se hy, “het jy al ooit ‘n muil se gat gelek?” Die jong man sluk hard en se: “Nee Oom, maar ek wou dit nog altyd graag doen”. Hier is ‘n paar lesse vir ons almal:
- Moenie arrogant wees nie.
- Moenie ammunisie mors nie.
- Whiskey laat jou dink jy is slimmer as wat jy is.
- MOENIE MET OU MANS MORS NIE…. Hulle het nie so oud geword omdat hulle onnosel is nie.
Ek hou van ‘n storie met ‘n goeie einde… jy seker ook? Onthou: Ou mans verdien respek.
Van respek gepraat….. Saterdag se rugby. Daai tweede helfte…. Ai, Ai, Ai. Ek en my buurman was voorbereid. Camembert, Brie (R29), Boursin kaas(R35) en een van oom Freddie se melkterte. (R120) Ons was ontspanne, maar ongelukkig was die bomb squad ook. Ek sien uit na Saterdag se wedstryd in PE. Nuwe gesiggies, nuwe planne. Ons sal die ondersteuningstafel weer laat kreun. Hoop die telbord doen dieselfde. Stook daai kaggel – ons krukdroe beginsels (R16.50 per sak of 3 sakke vir R45) hou daai sopnat kaggelhout lekker aan die gang.
Die koek van die week is my persoonlike gunsteling Mariette se WORTELKOEK: DUBBELLAAG kos gewoonlik R185, die week net R175. Enkellaag wortelkoek is ook af van R95 na R85. Die wortelkoek sal Saterdag moet diens doen daar langs oom Freddie se lekker dik Tradisionele Melktert voor die TV.
Die vakansie en die kinderbederfies het opgedaag. Meer as 21 soorte lekkers met pryse van R2 tot R16.50. 6 soorte BEBETO lekkers teen R9.50 is baie gewild. Grootmensbederfies ssoos 100g TOBLERONE vir R29.90 en Cote d’Or sjokoladestafies vir R15 het ook opgedaag. Koop ‘n paar vir jou kollegas. Moenie net lekkers vir die kinders gee nie: SESPAKKE YOGHURT vir R9.90. Parmalat PROTEIN DRANKIES R9.90 (R29elders). Beacon Slabs vir R9.90.
Ons koffie versameling het uitgebrei: Ons het 2 soorte NESPRESSO COMPATIBLE kapsules 1. Caffeluxe – 10 vir R42.50 – MILANO Espresso, ROMA Lungo, FIRENZE Gourmet, VENEZIA Ristretto, NAPOLI Dark Roast en 2. LUNGO INSENSO – 20 kapsules vir R79. Ons het ook DULCE GUSTO Koffiekapsules (die groter een) teen 30 vir R119, 500G KOFFIEBONE vir R125 en natuurlik BESKUIT VIR R23.50.
Ons een produk wat ‘n paragraaf op sy eie verdien is die WATERBLOMMETJIES R45 vir 500g of R85 vir 1kg. ‘n Pot, ‘n Bredie. Geniet dit net.
Supervisor: Why do I always have to look for you? Me: Because a good worker is so hard to find.
Daai mense wat die drank wil los, wat nie weet by wie nie. Ek is beskikbaar, julle kan dit maar by my los.
Relationships are like Algebra. Ever looked at your X and wondered, Y?
In my volgende verhouding soek ek ‘n R10 000 deposito en as jy waai verloor jy dit en ek hou jou hond ook….. jy moet leer.
Getting old sucks. I used to wake up feeling like a MILLION BUCKS…. Now I feel more like a BOUNCED CHEQUE.
Ek wens jou ‘n lekker warm kaggel met ‘n koppie heerlike koffie om daai Wortelkoek, Beskuit en Melktert af te sluk. Bly warm, bly droog en bly skree vir en op die Bokke.
PROSPEKTEERDER GROETE
Frans Springbok (of boerbok)

















