Ja, die melkterte is terug. Ek wil amper se ‘halleluja”. Baie mense het gevra en gehoop en gewonder wat van die heerlike dik, tradisionele melkterte geword het. Oom Freddie is weer op die been en ‘n voorbeeld vir jou en my. Ek het dit al vertel, maar ek vertel dit weer – dit kan nie genoeg gese word nie: Ek het respek vir ‘n man wat soggens half 5 opstaan om sy eerste besending melkterte vir die dag te bak. Die melkterte word gemeng, gebak en afgekoel en teen 8 uur elke oggend kom daar vars melkterte in Kookwater in. As die bakker boonop ouer as 80 is, verdien hy lof en RESPEK, RESPEK, RESPEK. Daar is te min Oom Freddies in die wereld. Dis alweer rugbytyd Saterdag. Ons weet die stres gaan min wees tydens die wedstryd (dis Italie), so kry iets lekkers om te geniet saam met die lekker rugby. BESPREEK NOU JOU MELKTERT EN ‘N LEKKER KOEK VIR SATERDAG. Ek vat die eerste een Saterdag. Beplan jou verversings.
Die koue is alweer op pad. Kookwater se KOMBERSPROJEK kom op presies die regte tyd. Die projek het ‘n klomp fasette:
- WEN ‘N HEERLIKE WARM KOMBERS. Met elke aankope hierdie week kry jy ‘n inskrywing in die trekking vir die kombers. Skryf jou naam en nommer op die strokie en hou duim vas. Hoe meer aankope, hoe meer kanse.
- SKENK ‘N KOMBERS. Die eerste 40 bejaardes wat elke Maandag by Newton kom tee en sop en verversings geniet, het Maandag elkeen ‘n heerlike warm kombers gekry. Ons deel volgende Maandag weer uit. As jy te veel komberse het of een of twee het om te spaar, bring gerus na Kookwater. Ons sal sorg dat dit uitkom by iemand wat dit nodig het.
- Deel uit in jou eie buurt. Moenie dat mense in jou buurt koud en honger gaan slaap nie. Dankie dat jy omgee.
KOEKWOENSDAG IS HIER. Ons het heerlike koeke vanaf R50. Koop ‘n koek vandag en staan ‘n kans om nog een te wen. Ons trek elke Woensdag ‘n wenner van ‘n koek in elke winkel. Selfs as jy vandag ‘n koek of ‘n melktert bespreek vir Saterdag, is vandag jou dag. Jou bespreking tel ook vir die trekking van die koekwenners. Ek voel sommer hoe my bloedsuiker styg as ek sit en tik van die heerlike dinge. Mariette se Wortelkoeke is my gunsteling. Heerlik klam en iets besonders. Die koek van die week is die enkellaag koeke. Teen R50, sal jy ver moet soek om nog iets so lekkers te kry. Gaan groot.
KURKDROE PORT JACKSON BEGINSELS R16.50 per sak of 3 sakke vir R45. Daai sopnat bloekomhout wat so nat is dat hulle dit vuur blus, het so ‘n skop onder die alie nodig. Behalwe dat jou frustrasies met die nat hout opgelos is, voel jy sommer goed vir jou bydrae tot die planeet se welsyn. Ons verwyder die indringer Port Jacksons. Fergus verpak dit selfs in sakke wat hy herwin en sodoende van die rommelhope af hou. Hierdie is harde werk. Ons ondersteun graag vir Fergus. RESPEK vir ‘n hardwerkende goeie verskaffer.
Ons WATERBLOMMETJIES (R45 vir 500g) kom van dames wat nie skroom om in hierdie ysige weer in die damme regoor die Boland die waterblommetjies te oes nie. Ek sal dit nie oorleef nie. Bewondering en respek vir mense wat nie net by die huis sit en bakhand wag vir die regering nie. Ons ondersteun elke jaar vir Fredoline en haar dames wat hierdie besigheid aan die gang hou. Ek help graag mense wat hulle self help. Ondersteun hulle gerus.
Die produkte en pryse in die winkel is uit die boonste gestoeltes en behoort van die dakke af uitgebasuin te word. HOU OP KLA OOR DIE HOE KOSPRYSE – Koop by Kookwater:
3 x 1kg PLAIN YOGHURT vir R20. 3 x 900ml YOGOFUN DRINKING YOGHURT vir R20. ‘N SESPAK YOGHURT vir R9.90. Gerookte PAPRIKA BOTTER R9.90 (R54 by ander winkels)
400G BESKUIT R23.50, ISOTONIC GAME – nou net R8.50, Pine/Cherry Pine R8.50 – bring jou eie houer, Aartappels R8.50 per kg of R59 vir 7kg, Patats R15 per kg.
HEERLIKE KAAS EN KOUEVLEISE VIR JOU KAASBORD VIR SATERDAG SE RUGBY:
Forest Hill BRIE R19.90, President CAMEMBERT R29 (R55 elders), EDAM KAAS LOAVES en kleiner stukkies R99 per kg. TOP KWALITEIT KAAS: 240G MATURE CHEDDAR R39, 850G CHEDDAR R139. 750G GERASPERDE MOZZARELLA R115. Ek moet dit net van my hart af kry: Ek het sommer kwaad geword toe ek in ‘n supermark Saterdag sien dat ‘n stukkie 240g cheddar verkoop word teen R305 per kg. Nie verouder nie, niks spesiaal nie. As jou geld jou pla en hierdie pryse pla jou nie, kom doen iets vir jou medemens – Koop dieselfde en self beter kwaliteit kaas by Kookwater vir BAAAAIIIEE goedkoper en koop ‘n kombers vir iemand wat dit nodig het.
Ons het ‘n GROOOT verskeidenheid kouevleise ingekry. Dit sal goed lyk op jou kaasbord.
Genoeg gesmous.
Hier is jou 3punt plan vir die week: 1. Hou op kla oor die kospryse (koop by Kookwater). 2. Los die storie van jy in jou klein hoekie en ek in myn (reik uit na jou medemens en skenk ‘n kombers). 3. Gaan groot met jou Rugbybeplanning vir Saterdag (kom bestel jou melkterte en koeke betyds en koop lekker kase vir die kaasbord).
MELKTERT GROETE
FRANS KAASBORD













