KOEKWOENSDAG en BETAALDAG – Wat ‘n heerlike kombinasie

Posted on

Ryp le sag oor veld en gras,

asem waai soos mis in glas.

Windjie sny, die lug is stil,

Winter hou die wereld stil.

 

Hierdie probeerslag op ‘n gedig is gedoen deur ChatGPT, die KI bron.  Ek gebruik dit al meer (voel eintlik nogal trots op myself dat ek by bly met die tegnologie.)  Ek is veral beindruk dat ek vrae in Afrikaans kan vra.  Die blikbrein antwoord ook in suiwer Afrikaans.

 

Winter

Die wilgerboom se takke vleg –

so jaag die storm – deurmekaar,

en van die moedertwygie vlieg

die nou alreeds vergeelde blaar…

 

… maar op die grond skuif blad oor blad,

in eenheid saam ‘n geel tapyt

waarvoor ek stilverwond’rend staan.

 

Hierdie gediggie is geskryf deur Totius.   ChatGPT het dit vir my opgesoek.  Ek daag jou uit: KI is soos ‘n puik sekretaresse/navorsingsassistent.  Bly by met die tegnologie sonder om dit te vrees.  

 

Welkom by KOEKWOENSDAG.   Koop ‘n koek en staan ‘n kans om ‘n koek te wen.  Betaaldag help natuurlik om die dag sommer ekstra aangenaam te maak.  Die KOEK VAN DIE WEEK is KARAMEL ROOMKOEK.  Vir die week kos hy dus net R150 (i.p.v. R160).   Ek verkyk my elke dag aan die pragtige koek skeppings wat Mariette elke dag by die winkel inbring…. Meesterstukke.  Sag op die oog en op die tong.  Koeke vanaf R60.  My gunsteling – Wortelkoek.

 

Soos Parow se brakke mos praat:   WOEF EKSÊ.   Ons het ‘n groot verskeidenheid hondekosse: Ons ou Labrador met die ligamente wat nie so lekker saamwerk nie, kry ULTRA PET: 3kg Special Diet Joint Health (R125).  Daar is ook 3kg Ultra Pet All Size Adult vir R125.  Ek wou aanvanklik nie die 20kg Ultra Pet aankoop nie – bloot omdat ek gedink het R750 is darem vrek duur.  Toe ek by die gewone Troeteldierwinkel instap en sien die sakke kos R1500, het ek van plan verander.  Sjoe dis ‘n winskoop by Kookwater. Ons het die 20kg in 2 soorte: Large Adult Dog en SUPER: Large Puppy.  As jou hond nie omgee as die kos nie in ‘n mooi sak kom nie, sal jy ook hou van ons hoe kwaliteit gemengde pille.  R25 per kg en R49 vir 2kg.   ONS HET OOK ‘n paar sakke KATKOS ingekry.  R25 per kg en R49 vir 2kg.  Die katkos voorraad is ongelukkig beperk.

 

Ons nuwe kouevleisreeks verkoop teen ‘n spoed.  Dis die kwaliteit en natuurlik die pryse wat die ding doen: 200g PIZZA SALAMI R43.50, 400g Sandwich Ham en 400g Smoked Ham R38.50,  400g Cooked Salami R34.50, 500g Chicken Polony R21.90, 300g Kasegriller R48, 200g Diced Bacon R30.75, 600g Pennie Polony R32.60, 450g Smokey Russian R31.50, 250g Rooi Viennas R18.50, 200g French Polony R8.30.

 

400G FETA KAAS R39.90.  Edam kaas ‘loaves’ R99 per kg,  Parmalat Smoked Paprika Botter R9.90 (gewone prys R54.99).  Ons het ook Beskuit (R23.50 vir 400g),  6pak yoghurt (R9.90), 900ml YOGOFUN Drinking Yoghurt (R7.50) en 400g ‘Instant OATS FLAKES’ (R14.50) SE PRYSE LEKKER VERLAAG.  Die kurkdroe BEGINSELS (R16.50 per sak of 3 sakke vir R45) hou my sopnat bloekomhout in die kaggel lekker aan die brand.  Die Waterblomme (R45 vir 500g) verkoop soos soetkoek.  Ek bly innig dankbaar dat ek nie in hierdie weer dit hoef te oes nie.

 

Hierdie gunsteling moet ek ‘n paragraaf op sy eie gee:  DONKER SJOKOLADE:  BEACON ORANGE & ALMOND R9.90.  Geniet dit.

 

Met hierdie koue besef ek al hoe meer hoe ‘n goeie kind Rageltjie de Beer was.  Ek sou my boetie gemis het…

My ernstige rekening is my Facebook rekening.  My snaakse een is my bankrekening.

Die ou mense het gese:  Wat jy vrees sal oor jou kom……   Ek is so bang iemand gee my R20 miljoen.

Vanjaar soek ek geld vir my verjaardag.  Ek is moeg om elke jaar net te hoor:   “Bly die mooi mens wat jy is:”

 

Tel jou seëninge voor die kaggel, sluk die koue af met ons koffies en beskuit en wees dankbaar vir wat jy het.

 

Snerpende groete

Rageltjie Rossouw