WATERBLOMMETJIES IN DIE BOLAND.

Posted on
Waterblomme

Foto deur Swartland Gazette

 

Ek was aangenaam verras toe ons verskaffers verlede week opdaag met pragtige WATERBLOMMETJIES. R 85 per kg.  (OF R45 vir 500g) Dit was sowaar ‘n heerlike verrassing.  Ek het nog nerens enige waterblomme gesien nie – nie in damme of langs die pad of enige plek nie.   Dis baie vroeg.  Ek is trots om te se dat Kookwater losvoor enigiemand anders is.  Die yskoue weer is goed vir twee dinge – WATERBLOMMETJIEBREDIE en natuurlik ‘n lekker koppie koffie of tee saam met ‘n heerlike Koek of Melktert.  Woensdae is KoekWoensdag by Kookwater (jy koop ‘n koek of tert en kom in aanmerking om more nog een te wen – hoe’s daai?).  Die KOEK VAN DIE WEEK is MALVALAKKER KOEK. Dis ‘n meesterstuk.  Die prys was R130 en vir hierdie week is dit net R110.  Geniet dit.

So, in hierdie koue moet ‘n mens planne maak om jou aandag van die koue af te hou. Plan A:  Waterblommetjiebredie,    Plan B: beplan Koekwoensdag lekker,    Plan C:  ‘SHOP TILL YOU DROP’:  Kookwater het ‘n lekker klompie produkte se pryse lekker gekerf.  Ons het ons potlood mooi skerpgemaak en lekker pryse neergeskryf.  Glo my nie?  Kyk bietjie hier:

  • 1kg PLAIN YOGHURT R7.50
  • 215g KOO ERTJIES was R6.90, NOU R5.50
  • 40G PRINGLES was R11.50, NOU R9.90.
  • 10 rolle DUBBELLAAG TOILETPAPIER R35
  • 2 LITER TWIZZA KOELDRANK R7
  • 6X200ml SAPPIES R24.90
  • 500G Gevriesde WATERBLOMMETJIES R35
  • 900g YOGOFUN ‘DRINKING YOGHURT’ R15.50
  • PIESANGBROOD R50, Souttert R140 en R20, Lekker dik, Tradisionele MELKTERT R120 – Smelt in die mond. HEERLIKE KLAM WORTELKOEK R185 en R95, Sjokolade Karamelkoek, Kaaskoeke, Karamelroomkoek, Sjok Ganache Koek R160.  Te lekker vir woorde.  

Ek moet nou ophou koekname tik.  My kwyl loop op die sleutelbord en dit raak ‘n duur speletjie. Geniet die meesterstukke.

GOEIE NUUS:  Binne die volgende 2 weke, kry ons heelparty nuwe FUTURE LIFE PRODUKTE.  Pappe, Stafies, Kinderpappe en vele meer.  Ek sien baie uit daarna.  Hou jou reg..

ALMAL POST HULLE KINDERS SE RAPPORTE.  My laaitie se as ek sy rapport post, gaan hy my salarisstrokie post.  HY WEN

Dr se vir man dat hy hondsdolheid het en nie lank het om te lewe nie. Die ou gaan sit en begin skryf.  Dr: ‘Maak jy ‘n testament?’.  “Nee” se die man, “Ek maak ‘n lys van wie ek gaan byt”

Dit reen so lekker hier in die Boland, maar in die Karoo is daar nog plekke waar dit vreeslik droog is.  Ek was Sondag by ‘n doop waar die dominee die babatjie drie keer voor die kop gespoeg het…

Om te se ek het ‘n Drank probleem is soos om te se Bruce Lee het ‘n Karate probleem….    Dis nie ‘n probleem as jy die beste daarin is nie….

So…. maak daai Waterblommetjiebredie, vat ‘n KOEKENTEE en geniet daai lekker laeprysprodukte voor hulle uitverkoop.

KOEKGROETE

FRANS MELKTERT