KOEK WOENSDAG, Koffie, en ‘n Fiksheids model

Posted on
food fight

Ek wil nou nie spog of grootpraat nie, maar ek het nou net ‘n werk as ‘n fiksheidsmodel losgeslaan.  Hulle het my gehuur vir die ‘voor’ foto.  Owergesetsynde – die Ou is amper weer gesond.  Dankie vir julle geduld met laasweek se kort nuusbriefie.  Die Med Lemon het sy ding gedoen en dinge loop met springe.

 

Koek Woensdag is een van die lekkerste dae wat ons by Kookwater het.  As jy ‘n koek koop vandag, kom jy in aanmerking vir die trekking om vanaand nog een te wen – Soort van KOOP ‘N KOEK, WEN ‘N KOEK..  Oom Freddie en Mariette maak oulike nuwe planne en hou die dag interessant.  Ons het nou ook elke week ‘n Koek van die week (met ‘n laer prys) sodat jy ons verskillende koeke kan proe.  Die week se koek van die week is VLAKOEK.  Gewone prys R120, hierdie week R100.  Ons het ook nou heerlike soutterte – R140 groot en R20 klein.  My nuwe gunsteling is daai heerlike piesangbrood vir R60.  Die KOLWYNTJIES (Cup Cakes) is ‘n fees vir die oog (en die tong).  SLEGS BY NEWTON EN MALMESBURY het ons koeke vanaf R49.  Gouspring – daar is net 57 koeke.

 

Die sespakke yoghurt het skielik opgedroog.  Ons maak op daarvoor met Lancewood se 500ml dubbelroom  vir R12.50 en natuurlik daai 1 liter meesterstukke vir R27.50.  Die groot yoghurt wenner die week is 1kg PLAIN YOGHURT vir R8.50.

Die koffie is tans volop, maar nie vir lank nie.  Die Jacobs Cappuccino’s – 10 sakkies vir R39, 1kg geroosterde KOFFIEBONE R240, 8 LOR KAPSULES R49.90.    20 Nespresso compatible kapsules vir R79.

Ons het weer volop van daai mooi krul strooitjies (R9.90) wat enige partytjie sal opkikker.  

Vir my diabetes vriende – 1kg TRUVIA  versoeter vir bak – R27

Genoeg soetgoed – hang bietjie tanne uit:

  • Jy is so lelik, jou ‘imaginary friend’  speel met ander kinders.
  • Hoekom druk mense kougom onder tafels vas? ……  dit proe dan nog reg…..
  • Waar kan ek aansoek doen vir ‘n permanente verhouding?  Ek het 15 jaar ondervinding, baie ‘trust issues’ en is bereid om oor naweke te stry.
  • ‘n Bejaarde man le op die operasietafel en wag ‘n operasie wat deur sy seun, ‘n baie bekende snydokter, uitgevoer gaan word.  Net voor die narkose vra hy om net met sy seun te praat. Hy se: Ou seun, moenie op jou senuwees wees, doen net jou bes.en onthou – as dit nou nie goed gaan nie – as iets met my gebeur, gaan jou ma kom intrek by jou en jou vroutjie…..

 

Ek moet darem se my nuwe vreugde is om die REUSE trekkers op die landerye te sien woel.  Ek verstom my aan die monsters.  Pragtig.  

 

Mag die oes vanjaar uiters goed wees, mag hierdie heerlike herfsdag jou bederf en mag jou Mint, Pietersielie en Koljander plantjie jou tuin oorneem. (R15 per potjie)

 

Med Lemon Groete

Frans Fiksheidsmodel