So moet ‘n Valentynsboodskap mos klink. Daar gaan in elk geval ‘n Valentynsdag Vrydag wees. Daar gaan in elk geval verwagtinge wees. Jy kan net sowel ‘n sukses maak daarvan. Natuurlik help Kookwater graag met uitstaande idees. ‘n Bossie blomme is soooo afgesaag en in die hitte hou dit net ‘n dag. Wat van ‘n bossie sjokolades? Ons sit 7 PS sjokolades in ‘n mooi verpakking vir R25. Soos die PS sjokolades mos werk, kan jy dan 7 boodskappe op die sjokolades skryf. Dingetjies soos: Hi Sexy, of afkortings soos TMVW (as sy of hy dan vra: Te Mooi Vir Woorde). Jou kreatiwiteit sal ook help. Koop ‘n houtkissie met rooi hartjies op vir R35 en prop hom vol met lekker goed soos Buttanutt Amandelmelk (350ml vir R9.50) of Beacon Sjokolades (R9.90 elk – koop ‘n klomp, jy wil mos ook eet).
As jou kinders nog op skool is, is dit tyd dat jy dinge beter maak. Omtrent 90% van die kinders in jou kind se klas sal niks kry vir Valentynsdag nie. Leer bietjie jou kinders die vreugde van GEE. Koop ‘n boks van 24 PS Sjokolades vir R60 (of 2 bokse) en gee vir elke kind ‘n sjokolade met ‘n kaartjie by of ‘n boodskap soos: Ek smaak jou stukkend, Djou slimkop, Haai daar Sexy, Wees my Vaaltyn, Magtie maar jy’s oulik. Cool Cat – ek check vir jou….. Hierdie is een van die beter projekte wat jou kind kan aanpak in sy skoolloopbaan. ‘n Projek wat iets beteken. Moenie die Onnie vergeet nie – Daai R9.90 Beacon slab.
Wat van iets opwindends op Valentynsdag: Stel jou meisie aan jou vrou voor. Hierdie idee is geborg deur AVBOB.
‘n Valentynsdagete hoef ook nie duur te wees nie, maar dit moet lekker wees: 120g MALVAPOEDING R15, ‘n MELKTERT van Oom Freddie R120, ‘n Heerlike koek of 2, Ham – R43.50 vir 400g. Jy sal my in ‘n wip vang met daai pak mielies vir R15. Sweetcorn(R7), Pitmielies, Baby Marrows(R15), Neute. Daar is vele lekker dinge. Kom geniet dit net.
‘n Dame jaag apteek toe om haar man se pille te gaan haal. Toe sy terugkom by die kar, sien sy dat haar sleutels binne toegesluit is. Sy vind ‘n ou draad klere hanger en besef dat sy nie weet hoe om dit te gebruik nie. Sy buig haar kop en vra God om vir haar hulp te stuur. Binne minute stop daar ‘n ou motorfiets met ‘n man op met ‘n ‘biker gang’ helmet en klere. Hy vra of hy kan help. Sy se ja, my man is siek en ek moet sy medikasie vir hom vat, maar die sleutels is binne die motor toegesluit. Kan hy dalk help? Die man se ja, stap oor na die kar en binne ‘n minuut is die deur oop. Die vrou gee die man ‘n drukkie en deur haar trane se sy: “Dankie God dat u vir my so ‘n gawe man gestuur het”, waarop die man reageer: “Dame, ek is nie ‘n gawe man nie, ek kom nou net uit die gevangenis uit waar ek tronkstraf uitgedien het vir motordiefstal.” Die vrou gee die man toe weer ‘n drukkie en tussen die trane deur bid sy: Dankie God dat u selfs vir my ‘n ‘Professional’ gestuur het.
Hou op kla oor die hitte, werk aan jou ‘tan’. Werk aan jou Vaaltynsbeplanning – wat van iets soos ‘n paar koeke en geskenke by die werk tydens teetyd. Beplan iets lekkers.
AVBOB groete
Frans Vaaltyn















