Well Done is better than Well Said.

Posted on
Handeklap kookwater

Ek het respek vir mense wat die daad by die woord voeg.  As jy sterk voel oor Klimaatsverandering, plant meer bome. As die misdaad jou pla, vra jou sekuriteitsmaatskappy wat hulle in die res van die dorp doen – nie net rondom jou huis nie.  Die Facebook Warriors doen dit nie vir my nie.  Kerm en kla en swartsmeer het ‘n plek, maar as dit die somtotaal van jou bydrae is, help dit nie regtig nie.  Dankie vir die besighede in Kerkstraat en Hoofstraat wat hul bydrae lewer (finansieel) om ekstra sekuriteitspersoneel aan te stel om kriminele aan te keer. Drink op straat, leegle-ery, dra van gevaarlike wapens, urinering, parkeeraanwysers, diefstal en misdaadvoorkoming word saam met die Wetstoepassings beamptes van Drakenstein getakel.  

Daar is ‘n beweging om hierdie dienste uit te brei na die groter Wellington area.  WELL DONE IS BETTER THAN WELL SAID.  Daar is ook ‘n Chinese gesegde wat se: WORDS DO NOT COOK RICE.  (Ek moet bieg hierdie 2 spreuke het ek geleen by die kerk in die Moedergemeente Sondag).  Hou op kla. Doen iets in jou gemeenskap.  Tel die papiere op, maak die parkie mooi, gaan stem in die verkiesing.  As dinge moet verander, hoekom doen JY dit nie.  IF IT IS TO BE, IT IS UP TO ME.

 

 

Mense het gevra dat ons, ons winkel mooier moet maak.  Ons het geluister.  Die Wellington Winkel het ‘n kleurverandering ondergaan (die mure was bietjie donker tydens beurtkrag).  Met my kleurblindheid sou ons nie ver gekom het nie – dankie aan Linda le Roux van SEEFF wat ons weereens raad gegee het, soos al die jare.  Ons het heelwat meer ligte ingesit en nuwe rakke bygekry.  Jammer vir die deurmekaarspul, maar ons is klaar.  Kom kyk bietjie.  Kom kyk sommer ook die heerlike nuwe produkte:

  • 400ml Lyfrome vir mans en dames R14.90. Hier is ‘n paar van die soorte: Finesse Body Lotion en Body Cream, Fierce Body Lotion en Body Cream, Musk Body Butter, Cooling, Maximum Hydration, Derma Plus, Active – Body Creams en Body Lotions.  Ek gaan self bietjie van daai mans produkte uittoets….  Mammie sal weer nie haar hande van my kan afhou nie.
  • 145g TORTILLA CHIPS – 2 VIR R25.  Sweet Chilli Pepper.  Heerlik.  Kom proe bietjie die 50g kaaskrulle – R4 elk of 3 vir R10 of R32 vir 12 (R2.70 sakprys). Die 30g aartappelskyfies teen R4.50 of R3.50 as jy meer as 10 koop loop ook soos stroop. Die Long Chips teen 3 vir R25 is ook baie gewild en baie lekker – verskeie geure.
  • 50g ‘TOMATO PASTE’ R4.90.
  • GEMENGDE NEUTE:  Ons het ons reeks gemengde neute uitgebrei omdat dit so gewild was: Health Mix R186.50 /kg, Jungle Mix Deluxe R168.50/kg, Breakfast Mix R158/kg, Energy Mix R130/kg, Antioxidant Mix R143,50/kg, Granola Deluxe Mix R95.90/kg, Granola Seed Mix R80.90/kg en Granola Berry Mix R95.90.  Kom bederf jouself.
  • Daar is nog 250ml Vars Room (4 vir R20), GERASPERDE CHEDDAR teen R85/kg en 3 Alibi Max stafies vir R15.  4 PROTEAS vir R55 is ook baie gewild.

Soos ek ouer word, moet ek baie positief bly.  Ek val byvoorbeeld nou die dag teen die trappe af.  In plaas van ontsteld wees, dink ek liewer: Wow, dis die vinnigste wat ek in jare beweeg het.

 

Ek is so oud, toe ek ‘n kind was, moes jy iets wen om ‘n trofee te kry.

 

Ek het vanoggend Redbull in plaas van water gebruik om my koffie te maak.  Na 15 minute op die N1 het ek eers agtergekom dat ek my kar by die huis gelos het.

 

Dis lekker om ‘n tiener / student in die huis te he.  Op die manier is daar altyd iemand wat alles weet.

 

WAARSKUWING: Moenie Rice Krispies vir kinders gee nie.  Ek het dit ge-eet as kind en deesdae as ek opstaan is dit net Snap, Crackle en Pop.

 

Hierdie dag gaan ons looi.  Accuweather voorspel 45grade vir Wellington, maar wie’s bang?  Die sonsopkoms was iets besonders vanoggend.  Die lug is glashelder en dank vader ek hoef nie heeldag met ‘n langbroek en das rond te loop nie.  

 

Kom Kuier by Kookwater.  Ons is reg vir jou.

 

Redbull Groete

Vinnige Frans

 

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.