Cheddar Specials en lekker dinge

Posted on
Kookwater cheesy

Nes ek dink pryse kan nie laer as ons s’n nie, dan oorval nog ‘n verskaffer my.  Ons het nou ‘n GROOOOT klomp Long Chips gekry wat ons gaan gaan weggee teen 3 vir R25 (R22.50 elk elders). Dieselfde ouens help nou ook dat ons Alibi Max kan verkoop teen 3 vir R15. Die 250ml Vars room is nog steeds 4 vir R20 (R26.99 elk elders) en ons klante se vrieskaste raak nou lekker vol, want almal weet nou al dat jy room kan vries.  Ons verkoop gemiddeld een pallet room per week. Ek gaan vandag weer ‘n pallet haal.  Ons gerasperde Cheddar (R95/kg) is baie lekker en loop vinnig.  Die laaste B…. Kaas is op die rakke en raak nou min. Ons R30 is darem heelwat beter as die gewone rakprys van R90.

 

Dis darem lanklaas dat ons so ‘n lekker kaasbord kon aanbied: Long Chips, Bloukaas,  B….. Kaas (‘n wenner), Baby Bell kasies (R24.50), en natuurlik ons Forest Hill Camembert en Brie (R19.50).  Ons vra nederig om verskoning vir die een of 2 klante wat ‘n Brie verlede week gekry het wat bietjie ryp was.  Om op te maak, kry ons vanmiddag nuwe Brie en Camembert van Parmalat in en bederf jou met hierdie prys van …… ek wil nou nie dit al se nie, want jy sal my nie glo nie. Laat ek net eers die 1500 kase gaan haal vanoggend, dan hou jy ons Facebookblad of ons Whatsappgroepe dop.  Beplan solank jou ‘sundowner’ met die kaasbord.  Ek sal sorg dat die prys nie eers ‘n kwessie is nie – iets soos minder as 20% van die gewone prys.  Wag maar lekker in spanning.

 

Kyk sommer na hierdie outjies ook:

  • Die gewilde botter, Lurpack het weer opgedaag.  Ons het nou 100g ongesoute Lurpack Stafies teen R25 en 250g Lurpack gesoute bakkies botter teen R39.  Die mense koop bokse.  
  • Ons 500g Koffiebone was R99, tot ‘n ou my op Facebook laat weet dat ons prys darem bietjie naby aan Woolworths s’n is.  (My navorsing het gewys dat hulle nou R58 afslag gee en dan net R99.99 vra) Dis nie goed vir Kookwater se ‘image’ nie en daarom is ons prys nou R84 vir 500g.  Geniet die kompetisie en groepsdruk.
  • Vir die snoepies en huiswinkels het ons 30g ‘chips’ teen R3.50 (as jy 10 of meer koop). Ons het 400 bokse gekoop – kom koop sommer ‘n boks of 2 vir die kinders.
  • Diced Cheddar teen R255 vir 3kg (R85 per kg) is ook nogal nie sleg nie.

Ons is nou weer amptelik DIE BLIKWINKEL in jou area.  Ons het weer lekker voorraad van verskeie soorte ingelegde vrugtes. 820g perskes kos nog steeds R9.90, 3kg perskes R25 (vir daai kerrieperskes), 410g KOEJAWELS R12.50.  Fruit Cocktail 3kg R35, Peer, Appelkoos en ander nou weer in voorraad.  Geniet dit.  Begin daai besigheid.  Koop by ons en verkoop in jou buurt.

 

Jammer dat ek so baie pryse vandag hier blootle, maar daai Camembert en Brie wat vanmiddag opdaag maak my bietjie opgewonde.  Jy sal ook wees as jy daai prys sien.  Geniet dit.  Het iemand nie dalk ‘n lekker resep vir gebakte/gekrummelde Camembert of Brie nie?

 

Daar is 7 ‘Wakker word’ stadiums in ‘n vrou se lewe.  Op 20 wil sy ROMANTIES wakker word.  Op 30 wil sy GETROUD wakker word.  Op 40 wil sy RYK wakker word. Op 50 wil sy SUKSESVOL wakker word.  Op 60 wil sy TEVREDE wakker word. Op 70 wil sy GESOND wakker word en op 80 wil sy ASB NET WAKKER WORD.

 

Ek wens ek het ‘n oulike lag gehad, maar nee… ek moet mos soos ‘n donkie met asma klink.

 

Die grootste oorsaak van beserings by ou mans is hul idee dat hul nog jonk is.

 

Vir die dames wat gestres het oor hul nog enkellopend was op Valentynsdag – hierdie statistieke: Toe Madonna 57 was, was haar kerel 24. Op 77 het Tina Turner ‘n kerel van 42 gehad.  Ontspan dames. Jou kerel is dalk nog nie eers gebore nie.

 

Geniet hierdie Februarie koeltetjie, die Kaasbord en jou vol beursie NADAT jy lekker gekoop het by Kookwater.

 

Kaasbord Groete

Frans Camembert 

 

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.