GRATIS STASOFT en ONGELOOFLIKE KOEKE

Posted on
Kookwater stasoft kat

DAAI KANNIE WIESIE.  Nee, dis waar.  Op Woensdag, 12 Maart en Donderdag 13 Maart kan enigiemand wat iets by Kookwater Koop, 300ml Stasoft  of Skottelgoedseep GRATIS kry as jy jou eie bottel/houer bring.  Wat is die vangplek? Niemand doen dit nie. Daar moet iets fout wees. Hoekom doen Kookwater dit?  Genoeg van al die vrae en samesweringsteorie. Ons by Kookwater is so beindruk met ons skoonmaakmiddels en veral ons nuwe verskaffer en die kwaliteit van sy produkte, dat ons besluit het om ALMAL daarvan te vertel.  Vir die wat nog nie weet van ons skoonmaakmiddels nie, hier is jou inligting.  Kookwater verkoop Stasoft, Jik, Skottelgoedwasmiddel, Pine, Cherry Pine en Lavender vir R10 per liter as jy jou eie bottel/houer bring.  As jy nie jou eie houer bring nie, kan jy sommer een koop by ons vir R2 ekstra.  Ons koop die houers by mense in ons gemeenskappe om hulle ook te ondersteun en brood op hulle tafels te sit.  Ons het ook OMO LIQUID teen R15 per liter (as jy jou eie bottel bring).  Genoeg agtergrond, terug by ons gratis goed.  Op Woensdag en Donderdag kan jy 300ml Stasoft OF Skottelgoedwasmiddel gratis by Kookwater kry saam met enige aankope.  (Bring jou eie bottel of koop een by ons vir R2} Kom toets ons produkte en begin jou eie besigheid in jou buurt.  Weet jy wat kos Omo Liquid?  – meer as R110 vir 1,5liter.  Begin jou eie koop en verkoop besigheid.  Jy sal nie spyt wees nie.  Doen dit net.

 

Ons het weer volop ingelegde vrugte van al die soorte – Perske, Appelkoos en Pere: 410g R8.50, 820g R15, 3kg R45, Fruit Cocktail 410g R9.50, 820g R17, 3kg R49.  Dis altyd lekker as jy deur die ander winkels stap en jy weet jy kan die ingelegde vrugte by Kookwater kry teen ‘n derde van hul prys.  Dis moeilik om daai grynslag weg te steek. Ek doen dit gereeld.

 

Hierdie week fokus ons op grootmaat kopers. (Ek beskou myself eintlik nie as ‘n fynproewer nie – eerder ‘n grootmaatproewer). Kyk bietjie hier:

  • 5kg LANCEWOOD MAASKAAS (Cottage Cheese) R350.  (Gewone prys R550),  2,5kg MASCARPONE R120 (Gewone prys R320). 5kg ROOMKAAS R350 (Gewone prys R725). 
  • 5 liter SAP R75 Mediterranean en Bosbessie (Cranberry)  

Natuurlik is daar ander lekker dinge ook (gewone verpakking, nie grootmaat)

  • 250ml VARS ROOM R15 (BB 14 MRT – voorraad raak min)
  • 200ml SAPPIES – R5.50 OF R29.50 VIR 6 (R4.90).  Pynappel, Rooi druiwe en Lemoen.
  • DIKBEKPILLE R12.50.  Drink 1 drie maal per dag tot die swelsel sak.  Koop vir jou kollegas.  (Jammer, jou mediese fonds sal dit nie dek nie)
  • NEUTE in kleiner verpakkings teen kookwater pryse: Munch 4 Fun,  Tropical Munch R12.50 vir 100g.  Vele ander soorte ook..
  • BUTTANUTT Neutmelkies: R9.50 vir 350ml en R18.50 vir 1 liter.  Glutenvry en Laktosevry en vrek lekker.  Amandelmelk, Makadamiamelk, Oatmilk en my gunsteling koue enetjie : Cocoa Milk.
  • Glutenvrye AMANDELMEEL SE LAE PRYS HOU NOG – R60 per kg.  Bak iets lekkers.
  • Ons R10 VARS BROOD verkoop ons teen ‘n verlies – ter wille van die gemeenskap – Dis die regte ding om te doen.
  • Ons het nuwe kleurvolle stokkielekkers ingekry.  Kom helder jou partytjie op daarmee.

Gedagte vir die dag:  MOENIE DAT MENSE JOU BEHANDEL SOOS OU TOAST NIE.  Jy is ‘n Braaibroodjie my maat.  JY, IS, ‘N, BRAAIBROODJIE.

 

As jy 120kg op Aarde weeg, weeg jy net 55kg op Mars. en 40kg op Pluto.  So…. jy is nie vet nie, jy is net op die verkeerde planeet.

My selfoon het gister so hard geval dat 2 van my ‘contacts’ in die hospitaal beland het.

Juffrou:  Jannie, wat is delete in Afrikaans?   Jannie:  Is so ‘n lang plug wat met krag werk.

Is van ‘Noodles op brood’ eet wat jy soos ‘n Kode 14 trok asemhaal as jy jou toonnaels knip.

Ek is moeg van mense wat kla oor R30 ‘n bier…. R20 parkering en R100 ingang….  As jy dit nie like nie, moenie by my kom braai nie.

 

AMPER VERGEET EK VAN DIE KOEKE.  Die koelkaste is gelaai met MEESTERSTUKKE.  Ek sit ‘n paar foto’s onderaan die brief.  Sjokolade Mousse R160, Yskasterte R85, Plaatkoek R180,  Sjokolade Karamelkoek R115, Tradisionele lekker dik Melktert R120, Soutigheidjies en vele meer.  Ek moet omtrent keer dat my skootrekenaar nie natraak nie (die kwyl loop).  

 

Mag jou dag stampvol mooi proteas wees (R55 vir 4 by Kookwater). Geniet die Gratis Stasoft, die lekker koel weer en jou titel as BRAAIBROODJIE.

 

Grootkoekgroete

Frans Buttanutt