Dit was ‘n moeilike keuse – wat om op te fokus, die yoghurt of die koffie. Hoekom nie altwee nie. Kom ons begin by die yoghurt: DIS VAKANSIE, DIS WARM, bederf die kinders op ‘n gesonde manier. 6x100g Parmalat YOGHURT kos nou net R9.90. As jy ‘n boks van 8 koop vir R68 daal die prys na R8.50. Heerlike geure: Aarbei, Vanilla, CHOC CHIP, Plain en gemeng. Man, my mond water.
Die KOFFIE verskeidenheid en pryse is ook ongehoord:
- 250g Espresso blend Arabica KOFFIEBONE R79, 1kg R240.
- JACOBS CAPPUCCINO – 10 sakkies vir R39. 2 geure.
- Dulce Gusto Koffiekapsules R115 vir 30 of 10 vir R42
- LOR Espresso Colombia Koffiekapsules 10 vir R49.50. (Nespresso compatible)
Blouwillemaandag in Maandag se Burger het weer my lagspiere aan die werk gesit. Hy vertel van sy doktersvriend wat oorlede is. Die het blykbaar eendag ‘n pasient ondersoek en na die ondersoek bevind dat die pasient oorgewig is. Die pasient was nie baie ingenome met die gevolgtrekking nie en se toe hy soek ‘n tweede opinie. Die dokter se antwoord: My tweede opinie is dat jy nog lelik is ook. Eina.
Ons het uit die bloute uit ‘n groot verskeidenheid nuwe produkte ingekry. Heerlik:
- Blomplantjies – R15 per sespak.
- BEACON SLABS R9.90. Fruit&Nut, White Bubbles en Dark Choc Orange&Almond
- Vrugterolle R15 Mango&Chilli
- 15g KOO Konfyte – 10 bakkies vir R6 . 3 soorte. Hierdie gaan heerlik saam met daai klein pakkies botter wat ons het.
- 215g KOO ERTJIES R7.50
- 200ml Oros Sappies R22 vir 6, R74 vir 24 (R3.10 elk). SAP 1 liter R14.50, 5 liter R75
- Snacktime: 1kg vir R99. Saltees R22.90.
Ma, Meneer het Pietie gister huistoe gestuur omdat hy nie gewas het nie. Ma: “En….. Het dit gehelp?”. Jannie: ‘Jaaaa…. Baie!! Vandag het niemand gewas nie’
Wat doen ek as ek iemand ongelooflik seksie sien? Ek staar, ek glimlag en as ek moeg raak daarvan….. sit ek die spieel neer.
Ek was vanoggend 7:45 by ‘n supermark wat 8:00 sou oopmaak vir seniors. Net voor 8 kom ‘n jong lat en mik vir die voorpunt van die ry. ‘n Ou Tannie neuk hom met haar kierie terug parkeerarea toe. Hy kom wragtie weer en ‘n ou oom slaan hom plat en rol hom terug. Hy kom ‘n derde keer weer en se: As julle ou donners my nie nou uitlos nie sluit ek nie vandag hierdie winkel oop nie.
Ek hoor daar is ‘n nuwe TV program vir die Ford ouens: Boer soek ‘n tou.
Wat is kilojoules? Dis daai klein bliksempies wat jou klere kleiner maak, terwyl jy slaap.
Geniet die vakansie saam met die kinders/kleinkinders, vat ‘n heerlike koppie koffie op die stoep en wissel die verversings saam met die koffie af tussen oom Freddie se Melktert, Mariette se ongelooflike koeke en ons R25 beskuite. Gaan groot.
Heerlike Herfs Groete
Frans Tweede Opinie