Partykeer het jy ‘n bietjie verbeelding nodig om jou beplanning te doen. Dis einde van die maand – jy kan mos maar droom van lekker goed en dit doen. Kan jy jou iets lekkerder voorstel as ‘n laatoggend koppie koffie op jou stoep of in jou tuin en hierdie lekker koel weer. Ons het Dulce Gusto en LOR (Nespresso compatible) koffiekapsules teen R49.50 en minder vir 10. Die prentjie raak lekkerder as jy ‘n vriend oornooi. Oom Freddie se heerlike melktert of een van Mariette se meesterstuk koeke rond daai prentjie lekker af. As jy dan nou moet werk toe gaan, maak teetyd ‘n feestyd met daai KLAM SWARTWOUDKOEK (R180) of die DRIELAAG KLAM BAR ONE KOEK (R195). Die keuses is legio. Ek dink dis tyd dat ons ‘n nuwe kultuur skep – eerlikheid en so.. – wat van GESOND inbel werk toe: Ek kom nie vandag in werk toe nie. EK VOEL BAIE GOED en wil dit nie mors om by die werk te wees nie.
Man aan sy vriend: ‘Ek dink my vrou is kwaad vir my’. “Hoekom?” ‘Terwyl ek Saterdag rustig onder die boom le en ontspan, vra ek my vroutjie op ‘n baie mooi manier of sy nie vir my ‘n lekker koue biertjie wil gaan haal nie. Sy het my doodeenvoudig geignoreer en aangehou grassny.’
As jy sien ek praat met myself, stap net verby. Ek werk vir myself en is in ‘n personeelvergadering.
Beplan iets lekkers. Dis einde van die maand:
- Laat jou huis blom. Ons kry weer pragtige vars proteas in vandag (R55 vir 4).
- Bak iets lekkers vir jou diabetes vriend: TRUVIA FOR BAKING R25. Drie soorte: Castor, Icing en Brown. Suikervry.
- Bak iets interessants. Gnocci Italiaanse Aartappel ‘dumplings’ – R25
- Maak tee soos jou ouma altyd gemaak het. (Laat hom trek in die pot) Los Organiese Rooibostee is weer beskikbaar (R29.50)
- 350ml Laktosevrye BUTTANUTT melkies R7.50 – NET TOT VRYDAG. Koop genoeg en bederf die kosblikke.
- Glutenvrye AMANDELMEEL R60 per kg.
- DUBBELROOM Lancewood yoghurt R22.50 per kg. Sespakke Yoghurt R9.90. 1kg Laktosevrye Parmalat YOGHURT R19.50.
- 5 WRAPS vir R15
Van beplan gepraat: Dis lekker om die entrepreneurs te sien groei. Ons het nou al vele mense in ander dorpe wat hulself vestig as sakelui van formaat. Hulle koop bv Skoonmaakmiddels soos ons OMO LIQUID by ons vir R15 per liter en verkoop dit dan teen ‘n heerlike wins in hul dorpe aan die mense wat nie R109 vir 1,5liter wil betaal nie. Die Stasoft, Skottelgoedseep, Jik en Pine wat ons verkoop teen R10 per liter is ook ‘n baie gewilde herverkoper. Vir die mense wat altyd wonder wat hul kan doen vir ‘n ekstra inkomste: Dis tyd dat jy die spreekwoord onthou: ‘N HELPENDE HAND IS BESKIKBAAR AAN DIE EINDE VAN JOU ARM. Begin net.
Ek sien uit na nog Heelwat Heerlike Herfsdae. Ons plant bome en hope sonneblomme in die parkies. Dis dalk nie die regte tyd vir sonneblomme nie, maar hulle het verlede jaar geblom en ons gaan weer probeer. Dis lekker om in die grond te krap en dinge te sien gebeur.
Mag jou vingernaels vuil word van die goeie grond, Mag jou pinkie styf word van die lekker koekentee en mag jy die salaris geniet met hope nuwe planne.
BUTTANUTT GROETE
Klam Frans Swartwoud
