Onthou jy nog die Chappies papiertjies met die Did you know? vragies. Waardevolle algemene kennis. Kom ons brei bietjie jou algemene kennis van Kookwater uit:
- Wat is KOEKWOENSDAG? ELKE Woensdag is KoekWoensdag by alle Kookwater Winkels. Vandag is jou dag. Met enige Koek of Tert wat jy by enige winkel koop, kom jy in aanmerking vir die trekking om nog ‘n koek of tert van dieselfde waarde te wen. Ons trek vanaand een wenner in elke winkel. (Newton en Malmesbury se klante het ‘n beter kans om te wen, omdat daar minder kopers is – moenie se ek het so gese nie). O KOEK DIT KLINK LEKKER.
- Wat is nuut by OUTOPPIE/OUPOPPIE MAANDAG? Eerstens wil ek darem net se dat ek nie enige disrespek bedoel met die benaming van outoppie of oupoppie nie. Ek is self ‘n outoppie en dis sommer ‘n lekker naam wat ons kinders gebruik. 60 plussers kan elke Maandag 5% afslag kry op enige aankope by enige van ons winkels. By Newton kan bejaardes ook tussen 9 en 12 ‘n koppie tee en verversings kom geniet en bietjie saam kuier. As dit kouer raak, is daar ook lekker sop. My vrou kook hoeka vandag ‘n lekker groot pot sop vir Maandag. SO WAT IS NUUT? Elke pensioenaris/outoppie/60plusser wat iets koop op Maandae, se strokie kom in ‘n boks en ons trek elke Maandag ‘n R100 geskenkbewyswenner in elke winkel.
- Wat doen Kookwater vir die gemeenskap? Ons hang dit nie aan die groot klok nie, maar ons haat rommel en graffiti. Ons het 2 manne wat 3 dae per week die toegangsroetes na Wellington skoonmaak. Hulle tel ongeveer 60 sakke per dag op oor gemiddeld 5 km. Vanaf die Tonnel, Vanaf Windmeul en vanaf Kanaan (6km uit op die Gouda pad). Die Munisipaliteit verskaf vullissakke en ry die vullis ook weg. Ons haal graffiti af in Wellington op alle kragbokse – daar is tans NIKS op enige kragbokse in die middedorp nie. Ons is besig om dit uit te brei na die area rondom die 12 parkies wat ons ook help reghou. Ons is so trots daarop dat daar 12 parkies is in Wellington waarvan ons die swaaie en speelgoed gereeld regmaak en verf. Dis lekker om te sien hoe kinders in rye staan om te swaai. Weereens dankie aan die munisipaliteit van Drakenstein wat ons bystaan.
- HET JY GEWEET DAT ONS HELP MET PLANNE VIR JOU LANGNAWEEK? Die sukses van ‘n langnaweek le in die beplanning:
As jy die naweek weggaan:
- VAT ‘N MELKTERT SAAM. Oom Freddie se meesterstukke word daagliks vars gebak en is ‘n wenner vir die pad en die vakansieplek.
- Vat lekker verversings vir die pad: 100g pakkies neute, 125ml Ultramel R46 vir 6, 200ml Oros sappies R22 vir 6, 200ml Vrugtesappies R33 vir 6. 6pakke YOGHURT R9.90.
- Wraps (R15 vir 5), Cabana 2 liter R25, Edam Wit Cheddar R105/ kg,
- JACOBS CAPPUCCINOS – 10 sakkies vir R39.
- Beplan jou roete so dat jy by ‘n Kookwater winkel kan aanry. Ons is Vrydag, Saterdag en Maandag wawydoop van 8 tot 17:00.
AS JY TUISBLY, BEPLAN LEKKER DINGE :
- BEPLAN ‘N KOEKENTEE of KOEKENKOFFIE IN DIE TUIN. Kom koop vandag jou klam SWARTWOUDKOEK (R180) of DRIELAAG KLAM BAR ONE KOEK (R195) – nooi die bure oor as dit te veel is vir jou. Ek het 2 gunstelinge (moenie dit oorvertel nie, netnou hoor my diabetes dokter dit): Mariette se WORTELKOEK is soos die Ingelse se TOEDAAIFOR en oom Freddie se lekker dik tradisionele MELKTERT is hemels. Kom proe my gunstelinge en ontdek jou eie.
- BEDERF vir woef. Ons hondekos – Rover R127.50 vir 7kg sal Flaffie se stert laat swaai. Koop sommer ‘n boks PEDIGREE SOUS ook (R10 vir 2 sakkies) om die bederf af te rond. Woelig, die winkelkat in Newton is ook mal hieroor.
- Die BEACON SLABS VIR R9.90 raak nou min. geniet dit.
- Reel ‘n tuinpartytjie vir die kinders/kleinkinders. Ons het hope lekkers, stokkielekkers en my gunsteling op die oomblik – draai mooi gedraaide strooitjies met die kleurvolle stokkielekker aan die punt sodat jy water deur die stokkielekker kan drink – R9.90.
- Laat jou blompotte kreun met ons pragtige proteas en laat jou tuin blom met ons blomplantjies.
- Kom snuffel bietjie in Kookwater vir daai goed wat jy altyd mis omdat jy so haastig is. Ons is lekker snuffeltyd Vrydag, Saterdag en Maandag. Ons is oop van 8 tot 17:00.
- Maak lekker kos – ‘Plain’ Yoghurt – 1kg R16.50.
Dis tyd om te dink. Wat kan ek doen om die mense rondom my se lewens op te helder? Wat kan ek doen om my dorp ‘n beter plek te maak? en Wat kan ek doen om my familie se lewens op te helder?
Kookwater het inspirasie vir al drie vrae. Geniet jou langnaweek. Die eerste van vele.
KOEKERIGE GROETE
Frans Melktert