FOKUS OP DIE MOOI IN DIE LEWE

Posted on
wilde blomme

Die tenke is vol, die grasperke is sopnat en die swembaddens loop oor.  Sjoe, maar ons het lanklaas sulke lekker reen gehad.  Ek kan sommer hoor hoe die boompies in die parkies groei… daai Gazenias op die sypaadjie by Daai Kookwater Winkel is reg om groot te gaan.   Ons het weer massas sonneblomme rondom al die boompies geplant.  Ek is redelik seker dis nie die regte tyd nie, maar my sonneblomme het verlede jaar dwarsdeur die winter geblom.  Ons gaan weer probeer vanjaar.  Ons het gister weer die mooiste proteas in die winkel ingekry (R55 vir 4).  Pragtige Esme’s en Carnival 2. Laaang stele.  Die blompotte by die huis kreun en my punte het weer lekker gestyg by skoonma.  Dis pragtig.  

 
IETS NUUTS: Dis amper Paasfees.  Dit beteken die Kerrievis gaan groot.  ONS HET PIEKELVIS SPESERYE teen R12.50.  Koop nou snoek voor hulle R400 raak.
 
Ons het lanklaas sulke interessante nuwe produkte in die winkel gehad.  (en dan praat ons nie eers van die pryse nie):
  • KOFFIES:  JACOBS CAPPUCCINOS – 10 sakkies vir R39 (R79 elders),  Geroosterde Koffiebone R240 vir 1kg, Dolce Gusto Kapsules R115 vir 30 kapsules, LOR Nespresso compatible R49.50 vir 10.
  • TEE: Kits organiese Rooibostee sakkies R1.70,  Los rooibostee R29.50, Rooibos REDESPRESSO Kapsules R29.90 vir 10 (Nespresso versoenbaar), BOKKEVELD ROOIBOS R15 – 5 GEURE.
  • BESKUIT: 450g vir R25,  CAPE COOKIES PREMIUM Beskuit R45 – Heuning Gemmer en Heuning Klapper.
  • YOGHURT: R8.50 per sespak as jy ‘n boks van 12 koop vir R68.  1kg Laktose vrye Aarbei Yoghurt R19.50 – Heerlik.  Die yoghurt voorraad is laag. Gouspring.
  • GESONDE GOETERS: 2 liter BOEGOEWATER R25, 70g Droe BOEGOE R80,  KANKERBOSSIE R55.
  • BEACON SJOKOLADES – R9.90.  Die mense koop bokse op ‘n slag.  Ons sukkel om die rakke vol te hou.  HERSHEY’S Popping Candy R7.50
  • ROVER Hondepille het weer opgedaag: 7KG R127.50, 20KG R330.  PEDIGREE SOUSE 2 VIR R10 (Dis Gert die buurthond in Newton se gunsteling). Woelig, die winkelkat het ook nou ‘n liefde hiervoor ontwikkel.
  • MILO PAP R33.50,  500g VITALITY LIFE PAP R29.90, 400G KELLOGGS MASH-UPS R39.  Ons kry vandag weer WEETBIX in.  400G INSTANT OAT FLAKES R16.90.
  • TRUVIA VERSOETER (VIR BAK) R25..Castor, Icing en Bruin.
  • MARIETTE SE KOEKE KUNSWERKE: KLAM SWARTWOUD KOEK R180,  3 LAAG KLAM BAR ONE KOEK R195. Oom Freddie se Tradisionele MELKTERT R120, SOUTTERTJIES, Sjokolade GANACHE KOEK R160. DUBBELLAAG LEMOENKOEK R115, Vele enkellaagkoeke teen R60.  WORTELKOEK SKYWE R30.  KAASKOEKE R140 en R165.  Daar is te veel om almal te noem.
Moet nooit ‘n bottel tamatiesous vertrou wat se prop te skoon is nie.  Iemand het hom dan skoon gelek.
Die een wat Borstol gemaak het, was seker besig om deur ‘n egskeiding te gaan.  Jy kan die teleurstelling en haat proe.
Ek kon soos ‘n Victoria Secret model gelyk het, maar nee, ek vreet mos asof ek in die Hunger Games speel!!.
Ek wou altyd sielkunde gaan studeer…..maar agtergekom ek’s dalk meer gepas as ‘n pasient…
 
Fokus op die mooi goed vandag, laat jou blompotte by die huis kreun van die proteas,  sit ‘n protea op ELKE kantoortafel by die werk (sit ‘n beacon slab by om die prentjie af te rond).  Wees jy bietjie die blom wat almal laat glimlag vandag.
 
KOEKENTEE Groete
Frans Melktert