So, hoe takel jy die vooruitsig van 3 dae van 42 grade Celsius? Jy het keuses: Jy kan jouself vreeslik jammer kry en heeltyd daaroor praat en kla, of…. Jy kan jou brein besig hou met lekker goed om jou aandag van die hitte af te hou. Kookwater het heerlike nuwe produkte ingekry en sommer ook ons hittebrekers se pryse verlaag. Kyk hier:
- 350ml BUTTANUTT Neutmelkies was R9.50, nou R7.50. (Nog steeds meer as R20 in ander winkels). Amandelmelk, Makadamia melk, Oatmilk en my persoonlike gunsteling COCOA MILK. Yskoud.
- 200ml Rhodes en Zing sappies R29.50 vir 6. Tropical en Rooi druiwesap. 1 liter Pynappelsap R14.50, 5 liter SAP R75.
- Sweet Tooth Straws R9.90. ‘n Absolute partytjie gunsteling. Kleurvol, Uniek en pragtig.
- Mariette se nuutste Koek Meesterstuk: KLAM SWARTWOUD KOEK R180. Dit sal jou aandag van enige negatiewe dinge in jou lewe aftrek. Kyk gerus na die foto hieronder.
- 400g Kellogg’s MASH-UPS R39. 500g VITALITY LIFE ONTBYTPAP R29.90 Vanilla en Sjokolade.
- TRUVIA FOR BAKING R25. 3 soorte versoeter sonder suiker: ICING, BROWN EN CASTOR.
- LOR Koffiekapsules R49.50 vir 10 – Espresso Colombia. Dolce Gusto koffie kapsules R115 vir 30.
- Forest Hill CAMEMBERT R19.50.
- Nature Valley Bars R5.50 vir ‘n pakkie van 2
- 1kg Parmalat Easygest LAKTOSE VRY YOGHURT – Plain en Aarbei
- Ons pragtige Carnival en Esme PROTEAS teen 4 vir R55 sal enige gemoed opbeur.
- PRYSVERLAGINGS: GYPSY HAM was R159 per kg (tussen R200 en R400 per kg elders) NOU SLEGS R89 per kg. AMANDELMEEL WAS R89 per kg. Nou R60 per kg. Sandwich ham was R43.50 per 400g, nou slegs R38.50 per 400g
Bly weg van negatiewe mense. Hulle het ‘n probleem vir elke oplossing.
I don’t need a personal trainer. I need someone who can follow me around and slap food out of my hand.
Ek is so bankrot, ek dink daaraan om my familie te vra om my die geld te gee wat hulle vir my begrafnis gespaar het. Ek sal ‘n plan maak as ek sterf.
Meeste mans is soos tee. Hulle raak al hoe sterker hoe meer hulle getrek is.
Die Japannese het ‘n masjien ontwerp wat diewe vang. Hulle besluit toe om dit in verskillende lande te toets. IN AMERIKA het die masjien binne die eerste uur 50 diewe gevang. IN ENGELAND het die masjien binne die eerste uur 100 diewe gevang. IN SUID AFRIKA is die masjien binne 5 minute gesteel.
4 MANIERE OM TE WEET JY KOM VAN BRAKPAN AF:
- Die halloween pampoen op jou stoep het meer tande as jou cherry.
- Jou bure dink jy is ‘n speurder, want die polisie bring jou altyd huis toe.
- Die grootste dorp wat jy al in was, is Liquor City.
- Jy laat jou 12 jarige dogter toe om te rook voor haar kinders.
VANDAG MOET JY DANKBAAR WEES as jou lugreeling werk, as daai klam Swartwoudkoek in jou mond smelt en as die pragtige PROTEAS kleur in jou lewe bring.
Buttanutt Groete
Koelkoos Rossouw