Kloovenburg se Boere-Kersboom
Moenie 2024 omwens nie. Hier le nog 2 heerlike dae oor. Benut dit. Beplan dit. Geniet dit. Hierdie heerlike bewolkte koel Maandag is gemaak om geniet te word. Doen iets lekkers vandag. Plant pragtige BLOMPLANTJIES in jou tuin. R11 per sespak. Afrikanertjies, Grasangeliere, Hanekamme, Somervygies (net ‘n paar). Die werk daar by die kwekery wat ek die meeste beny is die van die ou wat heeldag plantjies natspuit – salig. Wat van ‘n heerlike uitstappie na ‘n kwekery? St. Omar is my gunsteling.(Google hulle) Geniet ‘n heerlike ontbyt in die tuin tussen die plante. Maak vandag ‘n tuindag. Dis soos ‘n mens die oujaar afsluit en die nuwe jaar ingaan.
Die koelte gaan nie vir ewig hou nie. Wees nie bevrees nie, ons is reg vir die hitte. Blikkies Pepsi, Coke en Bashews R42 per sespak, Twizza Blikkies R30 per sespak. Rhodes en Ceres sappies 6 x 200ml vir R33. 1 liter SAP R14.50. 3 blikkies IRON ENERGY vir R20. Iemand moet wakkerbly tot middernag toe.
Maak lekker koel kosse vir die oujaar: 400g gesnyde Ham vir R43.50 – gerook en gewoon. Oom Freddie se lekker dik Tradisionele MELKTERT vir R120 is altyd ‘n wenner. ‘n Heerlik Koek of twee sal ook mooi afgaan. Kookwater se BILTONG (R310/kg) word nie sommer geklop nie. 900g en 1kg YOGHURT R17,50 – GEGEUR EN PLAIN. 500g Dubbelroom Plain Yoghurt R12.50. SESPAK YOGHURT R9.90. My Sondag middagmaal gister het ‘n hele paar stroopsoep MIELIES ingesluit (R7.50 elk). My gunsteling… 500g VARS ROOM VIR R15 kikker menige disse op. Wat van Handreiniger vir daai vinnige skoonmaak van die taai handjies? 3 x 385ml vir R10 of 5 liter vir R40. Flaffie moet die nuwejaar ingaan met ‘n PEDIGREE BEDERFIE: 2 x 100G vir R10. Kiets sal ook nie kwaad wees vir die TUNA FOR CATS vir R13.50 nie.
‘n Koppie koffie (10 Koffiekapsules nou R42.50) en beskuit (R24.50 vir 500g) is net die regte bestanddele vir daai bepeinsing en beplanning op die stoep.
Jy het dit nodig om die sewe klippies storie mooi te verstaan:
Daar is sewe klippies in jou sak, deur die Liewe Vader vir jou ingepak. Sodat jy ene weg kan gooi vir elke tiende jaar voltooi.
Eerste klippie, geen probleem. Die spel sal donkiejare neem. Dink ons in ydel kinderwaan. Die lewe gaan vir ewig aan.
Op twintig waai die tweede klip. Pragtig en rooi van lip. Windmakerder kan jy nie kry, Wat ek wil skuld die wereld my.
Klippie drie die laat jou dink. Vir dertig jaar het jy rinkink. Vier sewendes is daar nou oor… Om op te maak vir tyd verloor.
As uit jou hand die vierdie val, dan vlek die grys jou slape al. Dit wat in die sak oorbly, te min om als gedoen te kry.
Dan kom jy by vyftig. Nou galop die tyd te vlytig. Na die bult-op lewenspad, beginne jy die afdraand vat.
Voorlaaste klippie nommer ses glip uit die sak voor jy kan se mes. Die wat gewerk het vir ‘n baas kry sy persent en groet vir laas.
O wee, o wee, nou klippie sewe. Skriftuurlik het jy klaar gelewe. Daar kom nou veel genade kort vir die wat wil tagtig word.
Daar is natuurlik taai kalante, jy sien hul soms in die koerante, wat net nie wil die emmer skop en eers na honderd om sal dop.
Of jy nou tot vervelens lewe, of tata se hier rondom sewe… By watter klip jy ookal stop, Gaan sal ons, die tyd raak op.
Ek wens jou dus ‘n sakvol klip. Genoeg vir daardie honderd trip en vreugde tot jou kniee daar op oudag knak
Nou ja, ou maat, daar het jy dit. Al wat ons nou kan doen is bid: vir gesondheid, liefde en geluk. Met voorspoed vir die oorblystuk.
Geniet die laaste dae van 2024.
Blomgroete vir 2024
Frans Minklippies