My mond water elke keer as ek verby die koekyskaste loop. Mariette se Meesterstukke, Oom Freddie se Tradisionele Melkterte en daai souttertjies… Moenie wag vir Kersfees nie. Jou gesin verdien ‘n bederf NOU. OUMA VAN DIE JAAR. Wees jy daai tannie wat die koeldrank verrassings het in die straat. Wees jy bietjie die een wat die parkie se swaaie regmaak en verf sodat die kinders kan speel. Moenie wag vir Kersfees om daai sokkerbal vir die straat se kinders te koop sodat hulle in die parkie kan speel nie. Tel saam met hulle die rommel op in die parkie sodat die games kan begin. Dra koek aan halftyd. ‘n Melktert trofee vir die wenspan sal die ding doen om die kompetisie ‘n ‘kick start’ te gee.
My mond hang oop as ek mense met 3kg ingelegte Perskes (R25) en 3kg ‘Fruit Cocktail’ by die toonbank sien aankom. Niemand kan ‘n 3kg blik Fruit Cocktail alleen opeet nie. Dis mense met planne. Lyk my die boodskap van deel met jou straat het ingesink. Die boodskap van maak die grootste Trifle wat jou straat nog ooit gesien het en deel dit uit. Die Vars Room (10 x 250ml vir R100) help ook met daai beplanning. Ek sien in my geestesoog die botteltjies Kerrieperskes wat onder die kersboom gaan staan – meesterstukke. (Wat gee jy vir iemand wat alles het?) Ons planne sal nie opraak nie.D
DUISENDE AFRIKANERTJIES HET OPGEDAAG OM JOU BUURT MOOI TE MAAK. (blomplantjies – R15 per sespak) Die inwoners daar tussen USAVE en SHAH’S CORNER het begin help om die boompies wat ons plant, gereeld nat te maak. (Daar is nog steeds mense wat sommer verbyloop en die boompies uittrek en weer net daar neersit, maar ONS SAL NIE OPGEE NIE, want dis die regte ding om te doen) Die sonneblomme staan meer as ‘n meter hoog rondom die boompies. Dit gaan binne ‘n week of twee ‘n blomme fees wees. Laat jou sypaadjie blom.
Jou buurt se katte en honde het jou nodig. TUNA FOR CATS (R13.50) vir jou eie kat se kersete, Hondekos vir die buurt se honde, 100g Pedigree sousie vir bo-oor die pille (R20 vir 3) rond ‘n honde kersfeesmaal mooi af.
Ons houtkissies (vanaf R35) is ‘n lekker ander idee vir Kersgeskenke. Maak dit vol met lekkers of Neute of plant 6 Afrikanertjies daarin. Raak bietjie kreatief.
Daar is hope laeprys produkte in die winkel – jy weet dit. Bring ‘n bietjie tyd saam en spaar baie geld. SAP, KOELDRANK, BOEGOEWATER, YOGHURTS, OMO LIQUID (R15 per liter) en vele meer.
“JY IS ALWEER DRONK” moes ek hoor toe ek gisteraand in die bed inkruip. “Hoe weet jy dit nogal” verdedig ek myself. “JY BLY IN DIE HUIS LANGSAAN” kom die antwoord….. EINA.
I AM GOING TO TAKE A HOT SHOWER. It is a normal shower, but with me in it.😁 – Daar is darem nie fout met die OU se selfbeeld nie.
Dis tyd vir kreatief raak. Dink lekker goed uit. Ek sien nou die dag ‘n musiekvideo van die liedjie Toaster Sport. Die groep se naam is Willem Welsyn en die Sunrise Toffies. Verbeel jou.
Mag jou planne nooit opraak nie, Mag die koektafel kreun en mag jy die ou in die straat wees wat die lekkerste dinge reel vir die kinders (kouende kakebene is ook ‘n goeie reeling).
Melktertgroete
Frans (stink)Afrikaner