Ek is opgewonde. KWALITEIT PRODUKTE TEEN KOOKWATER PRYSE

Posted on
winter voorblad Kookwater

Dis heerlik om te sien hoe dinge reggemaak word na die storms. Dankie.  Een van my werkers moes gister ‘n stukkende ID dokument laat vervang by Binnelandse Sake – Afspraak vir 11 uur, 12 uur uit.  Dankie (Dis ongehoord)  Ek is mal oor die nuwe, vars idees van die nuwe ministers. Ek is redelik seker dat heelparty van hul planne vir ‘n verandering uitgevoer gaan word.  Dankie by voorbaat.  Ek is veral dankbaar vir die heerlike nuwe produkte wat ons die week ingekry het. Kyk bietjie hier:

 

KWALITEIT PRODUKTE TEEN KOOKWATER PRYSE: (Het jy geweet dat dit Kookwater se Logo is)

  • 1KG PARMALAT YOGHURT – 3 GEURE.  R9.90.  Nogal Fabulite.   PARMALAT SESPAKKE YOGHURT R9.90, 
  • 1KG DUBBELROOM PARMALAT YOGHURT: R16.50.  Sjokolade Mintgeur en MELKTERT geur.  Heerlik.
  • KOEKE EN TERTE: bakoondjie het nou hul verskeidenheid nog verder uitgebrei. Enkellaag koeke se pryse begin nou by R50.  Heerlik. Nougat Koek R100, Heuningkoek R130, Cremora Tert R75, Lemoenkoek R50 of R105 en vele ander soorte.
  • 3 x 150g Yoghurts vir R10  (gewone prys R11.80 vir een), 2 botteltjies Drinking Yoghurt vir R10. 900g YOGOFUN – 2 VIR R20,
  • Parmalat Gerasperde MOZZARELLA R75 vir 750g.  200g MELROSE KAAS SLICES R16.50,  Gerasperde Cheddar R95 per kg.
  • Gouda kaas blokke van 150g tot 750g – R99 per kg.
  • 2LITER CABANA R15,   STERI STUMPIES BOTTELTJIES R10 elk,  4X250ml RED BULL Green Edition – R35,   1,5 liter aQuelle Litchi gegeurde water R9.50,
  • 320G MILO PAP R25
  • 250g JACOBS KRONUNG PURE GROUND COFFEE R79
  • 100G PRINGLES R22.50
  • VARS BROOD R12.  Pragtige proteas – 3 vir R55.  As jy vandag in Malmesbury is, kan jy 2 GRATIS proteas kry saam met jou aankope – solank voorraad hou.

Vir die ouens, soos ek,  wat bietjie sukkel met al die Ingilse terme in die rekenaarwereld, het ons hierdie mooi verduideliking in Afrikaans:

MONITOR: Wat jy doen as jy ‘n oog op die Braaivuur hou.      DOWNLOAD: Haal die braaihout van die bakkie af.   HARD DRIVE: Die rit huistoe sonder ‘n koue bier.

BYTE: Wat die muskiete aan jou doen.  BIT: Wat die muskiete aan jou gedoen het,  MEGA BYTE: Wat die muskiete rondom die Limpopo rivier doen.

CURSOR; Die ou ballie wat so vloek.  SEARCH ENGINE: Wat jy doen as jou bakkie nie wil vat nie.  YAHOO: Wat jy se wanneer die bakkie uiteindelik vat.

USER: Die buurman wat aanhou om jou goed te leen. DOT MATRIX – Oom Jan Matrix se vrou.  SOFTWARE: Plastiek messe en vurke van KFC.

 

Hier is ‘n paar ander definisies ook:

KRAAI: Spreeu in ‘n aandpak, KREDIETKAART: Iets wat mense gebruik, wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie,  BAAS: Wat Ma vir Pa laat dink hy is.  

BABA:  ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.  BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele.

 

BLY WARM (Ons het weer kurkhoringdroe Beginsels ingekry vir daai nat kaggelhout R19.50), BLY OPGEWONDE (Daar is baie redes – kyk net om jou) en BLY GLIMLAG (Die wereld het genoeg suurgatte)

 

Kookwater Groete

Frans Kwaliteit