DIS UITDEELTYD. JY (en Kookwater) moet ‘n verskil maak.

Posted on
gladiator

Die nuwe Gladiator fliek was alles wat dit belowe het: Bloed en derms en heelparty ouens wat dit nie gemaak het nie.  Dit het egter ook ‘n paar goed gehad ter nagedagtenis.  Die een groot ding wat my weer laat dink het (Ek het pen uitgehaal in die fliek en dit neergeskryf) was die boodskap wat bokant die vorige Gladiator – MAXIMUS AURELIUS, se swaard geskryf was:  WHAT WE DO IN LIFE, ECHOES IN ETERNITY. 

Ek sien dit daagliks – mense wat wonderlike goed doen sonder om dit aan die groot facebook klok te hang.  ‘n Vrou het 2 weke gelede 15 Avo Boompies kom afgee by die winkels (vir die parkies).  ‘n Ander dame kry my Saterdag langs die pad, gee my haar adres en se ek moet 5 boompies by haar kom haal.  Een van ons werkers se pa kom koop gereeld 20 brode in Newton – hy smeer dit en deel uit onder die arm mense in die buurt.  Fred, wat daar voor die winkel in Newton sit, het spontaan begin om die blomme daar langs die pad nat te maak.  Fred is ook die beste bokwagter of liewer bokwegjaer in die dorp.  My buurvrou (ex veearts) gee haar tyd vir die DBV en hou gereeld klinieke in buurte waarheen mense hul honde kan bring vir behandeling.  Mammie bak elke Saterdag Muffins en maak sop vir die bejaardes wat Maandae daar in Newton bederf word.

ENGELE INDERDAAD.  Hulle maak ‘n verskil.  Jy kan ook.  Ons verkoop vars brood teen R10 in al ons winkels. Dit kos ons R11, maar ons hou die prys op R10 sodat jy ‘n verskil kan maak.  Daar is geweldig baie maer honde in ons buurte, ons missie is om Gert (ons rondloper, vreeslik vriendelike, brandmaer buurthond) en sy pelle se ribbes toe te kry.  Ons het weer 15kg sakke hondekos ingekry(R285) en deel dit lekker uit as daar ‘n wandelende ribbekas verbykom.  Gert was aanvanklik taamlik uitgevreet oor die pille storie – langtand ge-eet, maar ons het hom gevang met die Pedigree ‘gravy sous’ (3 sakkies vir R29.90) wat ons in Kookwater verkoop.  Met hierdie nuwe geheime wapen gaan ons vir Gert en sy pelle vet kry.  Kyk bietjie die foto van Gert – die bruine en sy meisie – die swarte.  Dis uiters ontstellend, maar ons sal help.  Jy kan ook.  Begin net.

 

Ons moet ook maar op die ou Swart Vrydag wa klim.  Ons mense verdien dit.  Ek sien winkels wat met groot basuingeblaas aankondig dat hulle produkte 50% goedkoper is – AG FOOITOG.  Kookwater mik meer vir tussen 70 en 80 persent afslag op ander winkels se produkte:

  • INGELEGDE VRUGTE: 820g PERSKE, PERE, APPELKOSE kos tussen R35 en R45 in ander winkels.  By Kookwater kry jy dit nou vir R9 per blik as jy ‘n boks koop.  Ons doen die CAN CAN by Kookwater want ons kan.  3kg blikke: Perskes, Appelkoos en Pere R25 en Fruit Cocktail R35.  Die 3kg perskes is veral gewild by die mense wat Kerrieperskes inmaak in glasbotteltjies en vir kersgeskenke weggee.  Terwyl ons nou idees uitruil.  Is dit nie tyd dat jy jou tyd gebruik vir ‘n ekstra inkomste nie?  Ons het hope mense wat by ons koop (hulle begin met blikke) en dit dan in hul buurte en op hulle dorpe verkoop.  Daar is ‘n dame wat gereeld met die Taxi ry na Daai Kookwater Winkel toe. Sy koop dan 5 bokse blikke en gaan verkoop dit dan weer teen  100 persent wins in haar woonbuurt – Sy betaal R9, sy verkoop dit vir R20 en haar klante is haar innig dankbaar dat hulle nie R45 hoef te betaal nie.  Hoe lyk dit met ‘n REUSE TRIFLE (Koekstruif) daar in jou buurt vir kersfees.  Komaan, mense het iets nodig om daai glimlag op hulle gesigte te sit.  Kry sommer ‘n paar vriende om ook elkeen ‘n reuse trifle te maak.  Dis lekker om iets weg te gee.  Wees jy die Trifle antie of oempie in jou buurt.

 

  • 250g VARS ROOM het opgedaag teen R15.  Kom maak vinnig ‘n draai, dit hou nie lank nie.  1kg Plain Yoghurt en vele ander soorte yoghurt teen R22.50 is ook weer beskikbaar.
  • KINDER VERRASSINGS: 4X100g YOGHURTS – 3 PAKKIES VIR R21.  Sespakke yoghurt vir R9.90.  6 pak 200ml sappies vir R33.  Hope lekkers – 3 pakkies vir R25
  • 5 liter Water R9.50
  • Lancewood Smooth Cottage Cheese R9.90,   Lancewood Dip&Top (Chutney) R9.90
  • 1kg AMANDELMEEL R75
  • KIRI DIP&CRUNCH R19.50.
  • BABY BELL ingevoerde kasies kom vanmiddag in teen R19.50.  Hierdie pragtige ronde kasies en daai Kiri kaas blokkies (cubes) teen R19.50 is beslis my (en vele kinders) se groot gunstelinge.  Heerlik.
  • Daar is hope ander lae pryse soos die R55 pizzas, ens, maar dit vlou makou om net pryse te praat heeltyd.

Swart Vrydag winskopie by die begraafplaas:  KOOP JOU GAT NOU EN SIEN HOM LATER.

Swart Vrydag beste winskopie:  Bly by die huis en spaar 100%

What follows Black Friday?  Broke Saturday.

 

Dis tyd om weg te kyk van jouself af. Dis die seisoen van gee.  Maak jou planne en begin net.  Ek kan nie wag om ons buurte te sien blom nie.  Ons mense kort ook iets om hulle te laat blom.  JY kan help.

 

Maerhond groete

Frans – die ou blikskottel.

Wen