Maximus Aurilius se woorde bly my maar by: WHAT WE DO IN LIFE, ECHOES IN ETERNITY. Wat my die week bygeval het, is dat dit wat ons nie doen nie – ook ‘n verskil maak. Dankie vir die mense wat ‘n verskil maak. Die dames in Ceres wat hul bejaardes bederf met ‘n ete en uitstappies. Die mense wat saam met ons die boompies langs die strate natmaak, wat hul sypaadjies mooimaak, hul tuine laat blom en vir ons ‘n voorbeeld stel. Elvis en Wifey (sy vrou) begin die week ons dorp se toegangsroetes skoonmaak van Goudas se kant af (vanaf die plaas Kanaan), vanaf die Tonnel (die tonnelgarage) en vanaf die Puma garage naby die Bergrivier. Hierdie 2 mense is ‘n voorbeeld vir my. Ek hoef hulle nooit ‘op te check’ nie. Hulle stap maklik 7km per dag en tel tussen 50 en 60 vullissakke vol vullis op in daai 7km. Ek is daagliks verstom oor hul werksetiek. Voorwaar ‘n voorbeeld vir vele. Desmond en sy span begin ook binnekort die parkies se speelgoed heelmaak en verf. Dit klink soos ‘n eenvoudige taak, maar dit is nie altyd nie – daar is gedurig tikkoppe en gangsters wat bietjie verf wil he – met alles wat daarmee gepaard gaan. Geoffley sal ons boompies in die parkies en langs die paaie se dammetjies skoonmaak, nog sonneblomme plant en mooi boodskappies by die bome sit (soos ‘SMILE MAN, Niemand hou van ‘n suurgat nie’). Dis tyd vir gee. Dis tyd vir doen. Dis tyd om te dink oor jouself – WAT MAAK JY HIER?
KOOKWATER MOET OOK INTROSPEKSIE DOEN. Watter soort klante koop by Kookwater?
- MENSE MET SMAAK (duur smaak), maar wat slim genoeg is om nie hul hardverdiende geld sommer net te mors op duur produkte by duur winkels nie. Mense wat hou van Kwaliteit produkte teen Kookwater pryse. Hoekom sal jy OMO Liquid teen R110 vir 1,5liter koop as jy R15 per liter kan betaal by Kookwater? of Stasoft – R87 per liter elders of R10 by Kookwater.
- MENSE WAT PLANNE KAN MAAK – om die salaris of pensioen te rek. Hoekom begin jy nie jou eie besigheid nie? Koop ‘n liter Omo Liquid by ons vir R15, verkoop vir R25 en wen groot. Koop ‘n 820g blik perskes vir R9 (boksprys) en verkoop vir R20 (ander winkels vra R45).
- MENSE WAT ‘N VERSKIL WIL MAAK. Hoekom maak jy nie grootste TRIFLE wat jou buurt nog ooit gesien het nie? (Kookwater se pryse van Can is so laag, jy kan dit doen. Gebruik sommer daai 3kg blikke) . Vra jou bure om te help. Vra die hele straat. Deel dit Kersdag uit in julle mooi parkie. Nooi almal uit. Kan jou kerk se mense of jy en jou vriende nie ‘n bejaarde of iemand wat swaarkry se huis verf nie? (Trots is belangrik). Kan jy nie die rondloperhonde in die straat bietjie was en kosgee nie? Wat van ‘n mooi tuin op jou sypaadjie? Bederf jouself en koop 5 avo’s. Plant dit pitte in ‘n blik en maak nat. Die boompies groei vinnig en jy kan dit in die parkie plant. Maak net gereeld nat. Nooi nog mense om sulke lekker goed te doen. Dis mos jou buurt… maak dit lekker vir jou vriende en jou kinders en jou gemeenskap.
- MENSE MET GESONDE GEWOONTES: Amandelmeel R75 per kg, Bloubessies, vars kersies, Yoghurt – 3 vierpakke vir R21, sespak yoghurt vir R9.90, 1 liter Fruitree Mango sap R14.50.
- MENSE WAT HOU VAN LAE PRYSE: Ek sal nie my werk doen as ek jou nie inlig van die lekkerprys produkte wat ons tans het nie:
- PEDIGREE SOUSIE vir woef: R20 elders, was R10 by ons, NOU 3 VIR R20. BEDERF VIR WOEF. 15kg Hondekos teen R285. Ons het weer 100 sakke gekry, maar dit vlieg. GERT is mal daaroor.
- 740g B-Well Mayonnaise R34.50. Original Tangy of Reduced Oil. 10kg Spekko Rys R169, 3kg BAKED BEANS R55, 400G Sandwich Ham of smoked ham R48.50.
- Kinder bederfies: BABY BEL KASIES R19.50, Yupo meter lekkers R6.50, Bebeto lekkers -3 vir R25, Yoghurts, sappies, blikkies koeldrank vanaf R5.50, ens. LONGCHIPS R11.50, DIP&TOP doopsouse R9.90. Masterchips groot pakke R12.50. Gaan groot.
- Kersgeskenke: Houtkissies vanaf R35 (maak dit vol oumawange of biltong of neute of lekkers) It’s a boy op kissies en vele meer. GROOT GEVLEGDE MANDJIES.
Genoeg idees en dinge om oor te dink. Dis nou tyd dat jy daai Trifle beplan, daai Avo gaan koop en daai straathond begin vet voer. JY KAN ‘N VERSKIL MAAK.
Kookwater Groete
Frans AURILIUS