Vakansietyd vat goeie beplanning. Hier is ‘n paar lekker idees:
- MAAK DIE GROOTSTE KOEKSTRUIF (TRIFLE) WAT JOU BUURT NOG OOIT GESIEN HET EN DEEL DIT UIT – VRA JOU BURE OM TE HELP. 410G Fruit Cocktail R7.50. VARS ROOM – 250ML vir R15 of R100 vir 10. Koop sommer lekker baie en onthou dat room goed vries vir latere vakansieplanne. Waar’s daai ouens wat so botter gemaak het? Spring nou in. Room is lekker in baie disse. Bederf jouself.
- BEPLAN DAAI KOPPIE SAWWELYF (Koffie) Koffiekapsules het uiteindelik opgedaag. R42.50 vir 10 (sterkte 4 tot 10). Ons het ook die beskuit om die stoepuitstappie lekker af te rond. 450g Ginger Nuts R35 en natuurlik ons heerlike 500g beskuite vir R25.50.
- BEDERF DIE VIERPOTIGES: Blikkies TUNA FOR CATS R13.50, 15kg Hondekos R285 en die hondewenner – 100g PEDIGREE Hoender en Gravy sous – NOU 3 VIR R20 (R19.50 elk elders).
- KOEKE, MELKTERTE, SOUTHAPPIES. Oom Freddie en Mariette bak ‘n hond uit ‘n bos uit. Ons het HOPE KOEKE EN TERTE. Die grootste probleem is watter heerlike een om te kies.
- Ons ingelegde vrugte blikke vlieg van die rakke af. Dis ons skuld – die goed is alweer te goedkoop.
- GAAR GENOEG LEKKER VERVERSINGS OP VIR DIE KINDERS EN DIE GROOTMENSE: Long Chips R11.50, 1 Liter Fruitree SAP R14.50. BABY BELL KASIES R19.50. 6 pak YOGHURT R9.90. 5 LITER WATER R9.50 (waarom R28 elders betaal?), Lancewood Smooth COTTAGE CHEESE R9.90, LANCEWOOD DIP & TOP R9.90. ONS HET ‘N GROOT VERSKEIDENHEID NEUTE INGEKRY. – lekker gesonde versnaperinge vir die kinders.
SPAAR LEKKER GELD OP LEKKER KOS: 104G SMASH R16.50, 10KG SPEKKO RYS R169, B-WELL MAYONAISE R34.50, VARS BROOD R10, 3kg BAKED BEANS R55, 1KG AMANDELMEEL R75.
GENOEG PRYS STORIES.
Ek stres nou al oor die salaris wat ek die 20ste Desember gaan kry en my moet hou tot die 56ste Januarie.
Hierdie goue oue het my weer aan die dink gesit: Die prof gaan na die universiteit se kantien vir middagete. ‘n Student gaan sit oorkant hom aan dieselfde tafel. Die prof vererg hom en se: ” ‘n Vark en ‘n voel eet nie saam nie”. Student: “Ag ekskuus tog. Dan vlieg ek maar na ‘n ander tafel”. Die prof is erg gefrustreerd oor die student se skerpsinnige antwoord en besluit om die student in die volgende eksamen terug te kry, maar tydens die eksamen antwoord die student al die vrae korrek en weer moet die prof sy frustrasie sluk. Tydens ‘n mondelingse toets stel die prof die vraag: “Daar le 2 sakke in die straat. Die een is vol geld en die ander vol intelligensie. Watter een kies jy?” Student: “Die sak met die geld”. Prof:”Ek dink die sak met intelligensie sou beter gewees het.” Student: “Ek weet, prof. Mense kies altyd dit wat hulle nie het nie.”
Mag jou beplanning vlot verloop, Mag jou laaste werksdae stresvry wees en mag Kookwater in al jou behoeftes voorsien. Moenie dat Jan Tuisbly se karretjie jou keer om te ontspan nie. Die Rossouws gaan saam met jou die dorp oppas. Wat jy ook al doen, geniet dit.
Plaaslike Groete
Frans Trifle