As daar een ding is wat almal by die Olimpiese Spele in gemeen het, is dit deursettingsvermoe. Daarmee saam gaan beplanning. Dit help nie jy het die wil om te presteer en doen niks daaraan nie. Dit vat jare se sistematiese beplanning en doelgerigte oefening om die Goud te kry. Jou finansiele beplanning is glad nie anders nie. Ons almal sien daagliks die keuses wat mense rondom ons maak. Ek sien mense met goeie finansiele keuses. Ek het Vrydag ‘n man wat in Stellenbosch werk by die winkel gekry wat 20 tweeliter bottels Stasoft kom vol maak het by Kookwater in Wellington. Dis vir mense by sy werk. Hy was Vrydag weer daar en gister weer. R10 per liter is eenvoudig ongehoord. R89 per liter oorkant die straat is ook ongehoord. R16.50 vir DUBBELROOM plain of gegeurde YOGHURT is ook ongehoord. R45 per liter elders is jou keuse. Ek kan nie deelneem aan gesprekke oor hoe duur goed is en hoe swaar mense kry as ek sien hoe duur hulle kies om te betaal vir goed nie. Kyk bietjie in die spieel: Is jy een van die klaers….. of is jy een van die ouens wat die goeie dinge geniet deur beter finansiele beplanning te doen? Hou op kla veral as jy die keuse maak om Gouda en Cheddar te koop vir R140 vir 900g (OP SPECIAL). Jy kan dit koop by Kookwater vir R99 per kg…. OF JY KAN KLA.
BEDERF BIETJIE DIE KINDERS (sonder om te kla):
- 200ml Mango en Lemoen sappies R33 per sespak – die CARS karakters is daar om dit aan jou kind te bemark. ‘n Lekker gesonde kosblikproduk.
- SESPAK YOGHURT vir R9.90. Wees ‘n goeie oupa/ouma en bederf die kleinkinders met gesonde (en lekker) kos.
- 500G NESQUIK sjokolade balletjies (pap). 2 pakke vir R50.
- 200ML ZOOM R5.50
- Botteltjies STERI STUMPIES R7.50 of R36 vir 6.
BEDERF JOUSELF:
- 1KG (en 900g) YOGHURT R9.90. Die Dubbelroom vir R16.50 is ook daar.
- WATERBLOMMETJIEBREDIE – Waterblomme teen R48 vir 500g.
- BEGINSELS (fire starters). 3 sakke vir R50. Hou op sukkel met die nat kaggelhout.
- VUL ‘N BOTTEL: R10 PER LITER vir enige van die volgende: STASOFT, JIK, SKOTTELGOEDWASMIDDEL, VEELDOELIGE LAVENTEL, CHERRY PINE EN PINE.
- KING PROTEAS: 3 VIR R55.
- Gerasperde Pizzarella(R35 vir 250g), Gerasperde Cheddar (R95 per kg)
- Koeksisters, Koesisters, Oumawange, Oupawange,Melktert, Kaaskoek, 100g M&M’s (R22.50). Hierdie is die goue medaljes wat jy vir jouself kan koop as jy lekker geld gespaar het op al jou ander aankope.
As jy nutteloos voel vandag, onthou daar is iemand wat werk as ‘n lewensredder by die Olimpiese spele.
GESONDE EETGEWOONTES EN RAAD:
- Die Japannese eet baie min vet en kry minder hartaanvalle as die Engelse.
- Die Mexikane eet baie vet en kry minder hartaanvalle as die Engelse.
- Die Chinese drink baie min rooi wyn en kry minder hartaanvalle as die Engelse.
- Die Italianers drink vreeslik baie rooi wyn en kry minder hartaanvalle as die Engelse.
- Die Duitsers drink baie bier en eet hope worsies en vet en kry minder hartaanvalle as die Engelse.
GEVOLGTREKKING: Eet en drink wat jy wil. Om Engels te praat is blykbaar wat jou dood maak.
NOU PRAAT EK MAAR AFRIKAANS.
Die reen is verby… Die KOUE is nie. BLY WARM (stook daar kaggel), BLY GESOND (kry jou probiotika in met ons yoghurt) en HOU JOU BEURSIE VOL (koop by Kookwater).
Afrikaanse Groete
Tatjana Kookwater