AS JY NIKS SE NIE, SE JY EINTLIK BAIE DUIDELIK IETS. Kookwater het planne.

Posted on
groei 'n ruggroot

Vergeet van daai nuwejaarsvoornemens wat net jou gewete sus vir ‘n dag of drie.  Dis tyd om rondom jou te kyk en jou wereld in die oe te kyk.  Wat gaan aan in jou gemeenskap? In jou huis? Met jou geldsake? Los ‘n slag jou selfoon en jou TV en begin iets doen.  Jou selfoon het alreeds jou wekker, jou kamera, jou alarm en jou almanak vervang.  Moenie dat dit jou familie ook vervang nie.  Dietrich Bonhoeffer het gese: “Silence in the face of evil is itself evil” en “Not to speak, is to speak” en “Not to act, is to act”.  As jy niks se oor of doen aan die dinge wat verkeerd is nie, kan jy dit net sowel goedkeur.  Doen iets in jou gemeenskap. Dit sal jou kos, maar dis nodig.  Dit sal tyd vat om die papiere te begin optel, maar dis nodig.  Dit sal geld vat om die hongersnood te begin aanspreek, maar dis nodig.  Dit sal moed vat om vir jou vriende te se dat hulle kinders nie op die regte pad is nie.  Dit sal moed vat om dit vir jou eie kinders te se.  Kry ‘n opinie, kry ‘n ruggraat. Doen iets aan jou omstandighede.  Begin by jou geldsake.  Beplan reg.  

 

Begin bietjie iets nuuts:  Wat van ‘n KOEKWOENSDAG by die werk?  Elkeen kry ‘n beurt of deel in groepe.  Oom Freddie se Melktert en Mariette se Wortelkoek sal jou aandele taamlik lig.

 

Hierdie tyd van die jaar weet Kookwater dat ons moet help met die beursiepyne. Ons doen dit graag:

  • VARS ROOM: 500ml R9.50 of 3 vir R25,   Waar is daai ouens wat so graag botter wou maak?  250ml room – R8 elk of 3 vir R18.  MAAK LEKKER KOS.
  • 1KG PARMALAT PLAIN YOGHURT: R11 of 2 vir R19.50.  
  • 4x100g YOGHURT R7.50 elk of 3 vir R19.50.  Bederf die kinders.
  • 900g NUTRIDAY YOGHURT R17.50., 1 liter FRUITREE SAP R14.50,  6X200ML Ceres, Rhodes sappies R33, 
  • 1 LITER LAKTOSEVRY NUTRA MILK R7.50.  Soya versoet, Soya onversoet, Soya organies en Soya Barista.
  • 500G LANCEWOOD EN NUTRIDAY DUBBELROOM ‘PLAIN’ YOGHURT R9.10
  • 2 X 100g PEDIGREE SOUS VIR R10 (Gewone prys R20 elk)
  • 3x385ml SANITIZER VIR R10.  
  • 5 LITER FONTEINWATER R9.50
  • 400G GERASPERDE CHEDDAR R39
  • 5 LITER SANITIZER R40.
  • Heerlike koue kosse: R10 VIR ‘N VARS BROOD,  R43.50 vir 400g gesnyde Ham en gerookte Ham.  R43.50 vir 200g Pizza Salami, Kaas slices – 10 vir R13, 1kg Amandelmeel R75,
  • Hou op geld mors op skoonmaakmiddels: OMO LIQUID R15 PER LITER. R10 per liter vir die volgende: Jik, Stasoft, Pine, Lavender, Skottelgoedwasmiddel.

Hou op kerm oor jy nie kan uitkom met jou salaris nie.  Begin jou eie koop en verkoop besigheid in jou buurt, onder jou vriende en in jou dorp:

  1. Die blikke begin weer inkom vandag: 3kg Fruit Cocktail, 820 Fruit Cocktail.
  2. Die skoonmaakmiddels kan goeie winsgrense op gee.  Bemark die sanitizer by die gastehuise, kleuterskole, privaatskole op jou dorp
  3. Koop brood teen R10 by ons en verkoop vir R15 of gebruik dit om mense in nood te help.
  4. 5 liter water R9.50

Pasient: “Ek het daai aambeiroom vanoggend aangewend en ek het ‘n baie lelike reaksie gekry”. Dokter: ‘Presies waar het u dit aangewend?’.  Pasient: “Op die bus” 

My buurman hou so baie van my musiek, hy het nou al 2 bakstene deur my venster gegooi om beter te kan hoor.

Man en vrou ry in die kar – lekker kwaad vir mekaar.  Hulle sien bobbejane langs die pad.  Man vra vir vrou: ‘familie van jou?’  Vrou: “Ja, my skoonmense”

 

Hierdie jaar gaan beter en lekkerder wees omdat ons dit beter en lekkerder gaan maak.  Beplan dit so.  Doen dit so.

 

CJ Langenhoven kan die jaar vir ons afskop: Ek wens vir jou….DWARSDEUR DIE NUWEJAAR, ‘N OPGERUIMDE HUMEUR, ‘N GESONDE KLEUR, KRAG OM TE BEUR, NIKS OM TE BETREUR, MIN OM TE VERLEER, TE VEEL OM TE VERTEER EN AL WAT JOU HART BEHOORT TE BEGEER.

 

NUWEJAARSGROETE

FRANS VOL PLANNE.