Yoghurt, Gouda en Kaassmeer

Posted on

Die onvermydelike het toe gebeur en ons het besluit om dit nie onder die mat in te vee nie, maar om u daarvan te vertel.  Ons is die 4e winkel in die Wellington area (wat ons van weet) wat ‘n werker het wat positief getoets het vir Covid19. Ons ‘handyman’ by Daai Kookwater Winkel in Newton is positief getoets vir Covid19.  Ten spyte van alle moontlike voorsorg, het die virus ons omseil.  Die werker en sy vrou (met geen simptome) het albei volgens die Paarl hospitaal nie genoeg simptome gehad om getoets te word nie.  Ons het hulle egter elders laat toets en Sondag die positiewe resultaat gekry.  Al die werkers by die winkel (in Newton) is dadelik in selfisolasie geplaas.  Ons het die winkel laat ‘Sanitize’ deur Ecolab en is weer Dinsdag oop vir besigheid met ‘n ander span werkers.  Die werkers van die Newton winkel was nie in persoonlike kontak met ons Wellington winkel nie, maar ter wille van ons klante en omdat voorsorg beter is as nasorg, het ons besluit om ons Wellington winkel ook te laat Sanitize.  Dit word vanoggend (Dinsdagoggend) gedoen.  Jammer vir die kortstondige ongerief, maar u is vir ons belangrik.

Die skole, restaurante, eetplekke en vele besighede is weer oop en ons moet kosblikke saamvat werk toe (en skooltoe).  Ons help graag.

  • Lancewood VOLROOM KAASSMEER R15 vir 200gr (R29 elders).  Ons het Marmite kaassmeer en spesiaal vir die grootmense ook die SJOKOLADE gegeurde  Kaassmeer.
  • YUM CHUM YOGHURT R8.50 per sespak.
  • GOUDA KAAS (Bonnita) R79 per sespak 
  • FETA KAAS Kruie en Swart peperkorrels R28.50 vir 400gr ‘crumbs’ – dis die deurskynende houers en R29.50 vir die verpakking wat net soos die ander winkels s’n lyk – President.
  • BEESFILLETTE R150 per kg.  Dit pas nou nie so lekker in jou kosblik nie, maar dit gee jou iets om na uit te sien terwyl jy by die werk is.  Dis ook ietsie lekkers om vir jou kollegas te vertel.  Jy kan nou nie juis praat oor julle Kruger wildtuinvakansie nie, Vertel hulle van hierdie heerlike beesfillet wat jy gebraai het.  Hulle sal net so beindruk wees. ‘Wat die maag van vol is, loop die mond van oor’ – of so iets

My blomkoolplantjies se kool sit al spierwit en pronk.  Dis eenvoudig heerlik om jou eie groente te sien groei.  Ons het volop groenteplantjies – plant jou eie.  Ek wil nou nie grootpraat nie, maar my bokbaaivygies  het al 41 blommetjies daar op ons sypaadjie in Berg en Dal.  Ek is supertrots. 

Pas jouself op.  Dra jou masker, was jou hande, isoleer indien moontlik, maar moenie in vrees lewe nie.  Ons sal hierdeur kom.  

Die mooiste deel van die Boland is besig om reg te kom vir ‘n skouspel.  Die koringlande is lowergroen en die eerste goudgeel Canola lande se blomme begin uitkom.  Die mooiste gesig van kleur wag vir ons.  Geniet dit.

Kleurvolle grasgroengroete

Bokbaai Rossouw