WRAPS, Chicken Chunks en omgee idees

IF YOU HAVE MORE THAN YOU NEED, MAKE YOUR TABLE BIGGER – NOT YOUR FENCES HIGHER. 

Hierdie wysheid wat die NG Moedergemeente verkondig laat my diep dink oor myself en waarmee ek besig is.  Ons weet van die nood, maar verkies om net te dink aan ons eie nood wat ons dalk oor 30 jaar kan ervaar of die nood wat ons kinders en kleinkinders dalk eendag kan ervaar waarvoor ons voorsiening moet maak.  Maak voorsiening, maar maak ook ‘n verskil NOU aan die nood rondom jou.  

Kom ek help jou met ‘n idee.  Daar is baie ouer mense wat sukkel om kop bo water te hou met die karige pensioen wat hulle maandeliks verdien  Kan jy nie R200 elke maand afknyp om ‘n geskenkbewys (of kos) vir een persoon te verskaf nie?  Vra die ACVV, die kerk se alimentasiefonds of jou huishulp se ma.  Almal weet van iemand wat swaarkry.  Wat doen jy met jou huishulp as sy aftree?  Se baie dankie, gee ‘n paar rand en totsiens?  Wat van koshulp vir die res van haar lewe.  Daai R200 gaan jou nie armer maak nie.  Kan jy dink watter impak dit sal he as elkeen van ons 5 mense help met R200 SE KOS  per maand ?

Kyk bietjie hier:

  • Chicken Chunks R65 vir 10 pakkies hoender.  Dis die laagste prys vir vleis wat ek in ‘n baie lang ruk gesien het.  Begin hier.  Help iemand.
  • Parmalat GROWTH melk 3+ en 1+.  R18 vir 6x200ml.  Maak ‘n verskil in ‘n moeder se begroting.
  • WRAPS:  R29.50 vir 11 GROTES, R19.50 vir 8 Medium Weighless en R14.50 vir 4 medium wraps.  Ons het lank gewag om weer van hierdie goedkoop hoe kwaliteit wraps in die hande te kry.  Geniet dit.
  • Sap R8.50 per liter. Ons kry vandag verskeie geure 1 liter sappe in.  Kom geniet dit.
  • Steri Stumpies R24 vir 6 x 200ml.  Sjokolade, Aarbei en Cream Soda.  Kosblikwenners.
  • BOS Ystee R7.50 vir 500ml (R14.99 elders)  4 geure.  Geniet dit.
  • Parmalat Cheddar R69 perkg  Ons het 2 ton gekoop, maar moenie dat dit jou laat uitstel nie – dit verkoop vinnig.  Vakuumverpak – klein en groot blokke.
  • Dis mos BESKUIT tyd.  R19.50 vir 500gr – Karringmelk, Muesli, Bran en vele ander soorte.  ‘n Pragtige geskenk is die EUREKA MILLS se stoneground beskuit pakkies teen die belaglike prys van R25.

Ek hou mos van goeie (treffende) bemarkingsidees.  Hierdie papier op die deur van ‘n fotografie studio het nogal die oog gevang:  

WE CAN SHOOT YOUR HUSBAND & FRAME YOUR MOTHER IN LAW. IF YOU WANT, WE CAN HANG THEM TOO.

Dis altyd goed dat mens kennis dra van jou eie produkte.  Met die in gedagte en omdat ek bietjie honger was, vat ek verlede week ‘n pakkkie pruimedante in die winkel en val weg aan die heerlike produk.  Laat ek maar net volstaan met die gevolgtrekking wat ek later gemaak het.  Jy kan nie 15 pruimedante eet en dink dat niks sal gebeur nie.  Sjoe – daai onbedoelde newe effekte het gewerk aan my spoed.

Komaan aanvaar die uitdaging en maak jou tafel langer.  Skryf dit erens neer en DOEN iets vir iemand.

Langtafelgroete

Vinnige Frans aka die Pruimpappie.