Woelige Woensdag dinge

Posted on

Dis heerlik nat.  Alles is groen.  Dis tye soos die wat die boer in elkeen van ons na vore kom.  Plant iets gesond vir die kombuis soos ons blomkool- en ertjie– plantjies teen R8.50 vir 6 – of iets moois soos ons Grasangeliere = ook R8.50 vir 6.

Die plantjies sal eers groente dra oor 2 maande of so, so terwyl jy nog nie groente het nie, sal ons dit vir jou gee teen ‘n belaglike lae prys: Eiervrug R4 elk – gewoon en exotic, murgpampoentjies, jalapeno rissies en baba skorsies teen R12.50 per kg. 

Ons het al die regte goed vir alles wat gebeur die week:

  • Reenweer is SOPTYD.  3 blikkies Heinz sop vir R10.  Groentesop en Hoendersop.  
  • ‘n Stomende koppie KOFFIE en ‘n paar BESKUITE. Ons het koffiekapsules teen R19.50 vir 10 en 500gr beskuite teen R19.50.  Hot Choc kapsules vir die studente – ook R19.50 vir 10. Moenie ons Eureka Mills Stoneground koekies teen R22.50 verbyloop nie.
  • Die son het mos deur die wolke gebreek vir ons sport te danke aan die Protea netbalspan en die Bokke.  Sit bietjie agteroor Saterdag en geniet die rugby met ‘n lekker klomp versnaperinge: Ons het Biltong, Roomkaas (R14.50), Bloukaas(R14.50) en 5 soorte Maaskaas vir die doopsouse.  Lancewood en Parmalat s’n. Maak ‘n lekker kaasbord.

 Dis weer tyd vir WOELIGE WOENSDAG by Kookwater.  Dit werk so:  Elke Woensdag het ons ‘n paar produkte wat uiters laag geprys is.  Net vir die Woensdag.  Vir Woensdag, 24 Julie is dit die volgende:

  • 100 sakkies Heinz Ketzup – tamatiesous GRATIS saam met elke aankope.  Dis amper ‘n kilogram.  Lae pryse kan nie veel laer as dit wees nie.  Van Donderdag af is dit weer R5 vir 100 sakkies.
  • 750ml WATER – R3 per bottel (sportscap bottels)  Hierdie is ideaal vir die sportsdae wat nog kom die kwartaal.  Hierdie bottels kos Donderdag weer R3.50 – nog steeds ‘n goeie prys as jy dit verkoop vir R10.
  • WRAPS – 8 vir R14. Donderdag kos dit weer R15.50.

Ek deel graag ‘n paar van die wyshede wat ons opgesit het in ons gastehuis op Prins Albert:  

  • TODAY IS A GOOD DAY FOR A GOOD DAY.
  • You are never fully dressed untill you wear a smile.
  • Wash your hands and say your prayers, ’cause Germs and Jesus are everywhere.
  • WHEN A MAN SAYS HE’LL DO IT, HE WILL.  No need to remind him every 3 months.

Partykeer is dit lekker om te sien dat daar mense is wat nou maar eenmaal nie bang is vir werk nie en kan terugkyk op hul lewe en tevrede glimlag.  My ou suster en haar man daar op Prins Albert bak al die afgelope 15 jaar elke Saterdag pannekoeke by die markie.  Hulle het nou die statistieke opgesit.  Aan die begin het hulle so rondom 300 pannekoeke per Saterdag gebak.  Deesdae is dit omtrent 500 per dag.  Hulle het verlede week toe ek daar was gestaan op 198 129 pannekoeke.  As hulle 200 000 haal, beplan hulle ‘n kompetisie om te kyk wie die meeste pannekoeke in ‘n minuut kan eet.  Die prys is iets soos ‘n pannekoek elke Saterdag – lewenslank.  (Lewenslank word dalk bepaal deur die bakker en nie die wenner nie)

Geniet die reen en die lekker koueweer eetgoed.  Mag die Bokke VER wen Saterdag.

Grasgroen Bokgroete

Woelige Frans