WOELIGE WOENSDAG by Kookwater Biltong en Kaas

Posted on

Die lewe is maar saai as ons nie self sorg vir ‘n bietjie opwinding nie.  Kom ons ‘kickstart’ bietjie hierdie week met lekker Woelige Woensdag Winskopies:

Die volgende 4 produkte se pryse is belaglik laag – slegs vandag, 3 Julie:

  1. Ripe and Ready Avo’s 5 vir R10. (van more af is hulle weer 4 vir R10)
  2. Weigh-less Wraps 8 vir R14.50 (van more af is hulle weer R15.50)
  3. Sweet Thai Chilli Roomkaas R10 (R14.50 van more af)
  4. Heinz Sop 4 blikkies virR10 (van more af weer 3 Blikkies vir R10)

So ja, nou het ek dit uit my sisteem uit.  

Ek lees gister die mooi grappie van die dame wat vir nutsman vra om iets by haar huis te gaan regmaak.  Die instruksies is min of meer as volg: Die huis se sleutel is by die bure, Moenie skrik vir Caesar die Rotweiler nie, hy’s vriendelik en ‘MOET ASSEBLIEF NIKS VIR DIE PAPEGAAI SE NIE. So gemaak, so gedaan.  Die ou kry die sleutel, sluit die voordeur oop en ontmoet vir Caesar.  ‘n REUSE Rotweiler – die soort wat jou nie sal byt nie, hy sluk jou in.  Alles verloop goed, behalwe die papagaai – die ding raas iets vreesliks, hy vloek verskriklik en na ‘n halfuur kon die ou dit nie meer hou nie en skree: BLY STIL JOU SIMPEL VOEL.  Die papegaai raak vir ‘n oomblik stil, knip sy ogies en se: VAT HOM
CAESAR …      Eina.

Dis maar beter om die instruksies mooi te volg.  Hierdie 4 produkte se pryse geld net vir vandag.  More is die pryse nog steeds uiters laag, maar nie so laag soos vandag nie.  Geniet dit.  Kyk gerus daai ander lae pryse op die pryslys – soos die belaglik lae Mozzarella kaasprys van R49.90 per kg.

Geniet die reen, die koue, die kaggel en die lekker Woelige Woensdag Winskopies.

Rotweiler Groete

Woelige Willem (Francois Rossouw)