Woelige Woensdag by Kookwater Biltong en Kaas

Posted on

Dis ‘n hondelewe.  Die reen sif neer in grys vlae en ek en die 2 Labradors, Goldie en Choc Norris pas die kaggel op.  Choc spring elke nou en dan op met ‘n groot geraas, maar oor die algemeen is die enigste geluide wat van hulle kan af kom ‘n lekker gesnork (van die kopkant en die ander kant).  Party dae moet ‘n mens afvat.

Ons Woelige Woensdae werk so.  Ons verlaag ‘n paar produkte se pryse kwaai.  Hierdie pryse geld vanaf die oomblik dat jy hierdie epos kry tot Woensdagaand.  Donderdag geld die gewone lae prys weer.  Hier is hierdie week se woelige winskopies:

  • Steri Stumpies R19.50 vir 6x200ml – sjokolade en Aarbei.  Donderdag weer R21.
  • Rhodes Sappies R19.50 vir 6x200ml.  Donderdag weer R21
  • Fruitree blikkies 6 x 330ml vir R24.  Donderdag weer R36.
  • Citroensuur R1 per pakkie
  • Lucozade R5.50 per bottel.

Die ander lekker pryse:

  • Sagte pakkies hondekos (R3,90) en katkos (R4.90) is heerlike dierebederfies.
  • 230gr GOUDA kaas van Parmalat – slegs R18.50.
  • Lancewood se Drinking Yoghurt – Heerlik teen slegs R8.90.
  • Beskuit – R19.50 vir 500gr
  • Chicken Chunks R85 vir 10 pakke – maak ‘n lekker sop vir iemand.

Vir die grootmaatorganiseerders – snoepies, sportdae, fondsinsamelings, basare en al daai klomp-mense-byeenkomste: 350ml Waterbottels vir R2.50 !  of 750ml vir R3.50 (jy vra R10).  Moet ook nie vergeet van daai 100 sakkies tamatiesous vir die rare prys van R5.

Dis koud buite.  Mense kry swaar.  Hier is ‘n idee as jy hulle wil help:  Maak ‘n groot pot sop of 2 en gee dit af by die Gift Voucher projek agter die Moedergemeente se parkeerarea – tussen die kerk en Pick & Pay.  Nooi dan almal op straat uit wat bedel om van jou lekker sop GRATIS te kry by die Gift Voucher Projek.  MOET ASSEBLIEF NIE VIR HULLE GELD GEE NIE. Ondersteun die Gift Voucher Projek.  Hulle gee elke middag kos vir haweloses, hulle gee klere, was selfs klere ook.  Ek vra mooi – moenie geld gee nie.  Ek is moeg om drankbottels langs die winkel op te tel.

Iets om te onthou:

DIE LEWE IS KORT – Smile terwyl jy nog tanne het.

Vir die ouens wat moedeloos is, moenie alleen voel nie:  My mikpunt was om 10kg te verloor die maand…… nog net 15 om te gaan.

Mag die vol damme en lekker reen jou net so bly maak soos vir my. (My groentetuin is geplant – wat van joune?)

Sopnat groete

Smiley