WEN, WEN, WEN BY KOOKWATER

Posted on
wen2

Die Springbokke het gewen, die Blitsbokke het gewen en die Proteas het die Wes Indiese Eilande opgerol.  Dis net die een wen op die ander.  In jou lewe is dit einde van die maand en natuurlik het Kookwater ‘n paar produkte wat jou beursie al die pad bank toe sal laat wen. As hierdie goeie wenne jou nie opgewonde maak nie, het jy ‘n bietjie humor nodig:

 

Die enigste ding wat ek ernstig opneem in die koerant deesdae is Vis en Chips…. en selfs dit vat ek met ‘n knippie sout.

Hulle moes my toegelaat het om medies te swot met my 30% in Wiskunde.  Ek kon mos op klein siektes gefokus het soos Verkoue en Griep.

Koos en Jors maak ontbyt.  Terwyl Jors besig is om sy roosterbrood te smeer, se hy: “Het jy al ooit agtergekom dat as jy ‘n sny roosterbrood laat val, val dit altyd met die botter na onder?”  ‘Nee man,’ se Koos ‘mens onthou net daai kere omdat jy moes sukkel om die gemors skoon te maak.  Ek wed jou dit land net soveel kere op die ander kant’.    “O nee! Kom ek wys jou!” se Jors en hy laat val die roosterbrood.  Die roosterbrood land met die botter na bo.  “Sien, ek het jou gese” laat hoor Koos vinnig.  Jors wat vir ‘n oomblik stil en verstom, maar toe begin daar stadig ‘n glimlag op sy gesig vorm: “Nee, man” se Jors in sy skik.  “Ek sien wat gebeur het.  Ek het die verkeerde kant gebotter”.

AS JY NIE VLOEK EN SKEL TERWYL JY BESTUUR NIE, BETEKEN DIT JY FOKUS NIE OP DIE PAD NIE.

 

So ja, met ‘n grinnik op jou bakkies sal jy hierdie Kookwater WENNERS beter waardeer:

  • SES x 1kg PLAIN, DOUBLE CREAM YOGHURTS vir R30.  (Dis R5 elk).  Dis die wenprys van die eeu.  So wat maak jy met 6kg plain yoghurt?. 1.  ‘n Heerlike Kerrie.   2. Verander al daai resepte met room in en vervang die room met Yoghurt.  Moet nou nie weer begin en vra wanneer kom die room nie. Geniet die Plain Yoghurt.
  • SES x 1 liter LANGLEWE MELK vir R59.  BB 22 Mei 2024, maar dit gaan nog minstens 2 maande hou.  Dis heerlik.  Dit verkoop al hoe vinniger vandat die skeptici dit eers geproe het.
  • NAGEREG KOMBO’S:  Kombo 1: 410g KOEJAWELS EN 500ml Parmalat VLA vir R19.90.   Kombo 2: 820g PERSKES en 500ml Parmalat VLA vir R19.90
  • 3 bakkies DIP & TOP vir R30.  Kry jou voorraad reg vir die Proteas se halfeindstryd teen Afghanistan of die volgende paar wedstryde Springbok Rugby.
  • MOZZARELLA LOAVES: R79 per kg. 
  • 1 Liter STASOFT R39  (Die gewone seermaakprys in ander winkels is R89.99)
  • 1 liter Clark & Sons : Pink Tonic, Ginger Ale, Lemonade R9.90  Jou keel raak mos droog van al daai afrigting tydens die wedstryd.
  • PRAGTIGE VENUS PROTEAS – 3 vir R55.  My gunsteling protea.  Dit hou weke lank – vervang net die water gereeld.
  • Ingelegde glasbottel ROOIKOOL R18.50.
  • Lemmetjies (suurlemoene) is nog steeds GRATIS.  Kom haal soveel as wat jy wil he.

Dis belangrik dat jy goed beplan vir die volgende groot Springbok rugby wedstryd:  Hou tradisies bymekaar.  ‘n Tradisionele ekstra dik MELKTERT is belangrik (Oom Freddie s’n is koning).  Skyfies saam met daai DIP&TOP help ook en natuurlik soutigheidjies (weereens oom Freddie s’n).  Sluk dit af met daai Clark&Sons en jy is reg vir die wedstryd.

 

Plant jou blomme, Kook daai Kerrie en SPAAR JOU GELD by Kookwater.

 

Melktert groete

Plain Frans