WEN BLOMME, WEN R1000, WEN ELKE DAG BY KOOKWATER

Posted on

Die Euromillions jackpot het verlede week op 2 biljoen rand gestaan.  Ek het weer begin planne maak wat ek sou maak as ek die paar randjies wen.  Ek het dadelik begin om lysies te maak van dinge wat my gelukkig sal maak – ook dinge wat ek sou koop as ek die lottotjie wen.  Ek wil jou aanraai om ook so ‘n wenslysie te maak.  Een van die goed op my lysie is dat Wellington se parkies geverf sal word en die oomblik toe ek dit neerskryf, besef ek toe dat – soos met baie ander dinge op my lysie – ek nie die Lotto daarvoor hoef te wen nie.  Ek moet dit net doen.  Noem dit mikpunte of doelwitte of wense, maar maak jou lysie van wat jy sal doen as jy onbeperkte geld het.  Maak ‘n laaaaang lys en begin werk aan jou lys.  Dis hoe ons vooruit kom in die lewe.  Dis hoe die lewe begin sin maak en lekker raak.

 

Die Swart Vrydag storie raak vervelig.  Ek het Kookwater se pryse vergelyk met al die duur advertensies in die koerante.  Niemand kom naby nie.  Dit beteken nie dat ons nie die pryse nog verder gaan laat sak nie.  Ek het ‘n baie mooi volledige pryslys aangeheg met die prysverlagings die week.  Die tydsbereking vir die feestyd, die hitte, die TUIN, die padkos en die vakansie is perfek.  Ons het Neute, Safari produkte, AMANDELS R135/kg, WRAPS (nou weer 3 pakke vir R30), AMANDELMEEL (teen R65 per kg), SAPPE (200ml -vanaf R48 vir 24),1 liter R12.50, 1,5liter R17.50, 2 liter R22.50 – Fruitree, Liqui Fruit, Ceres) LIPTON YSTEE (500ml 6 vir R36, 1,5 liter R12.50, 2 liter R15, 3 liter R25, 6 blikkies vir R29.50), COCO POPS TREATS – boksies van 15 vir R30,  BLOMPLANTJIES EN GROENTEPLANTJIES – R7.50 per sespak (Afrikanertjies, Grasangeliere, Gousblomme, Tamaties, Boerpampoene, Basiliekruid, Selery, Blaarslaai).  Al die duur name is nog daar FERRERO ROCHER, LINDT, STARBUCKS – natuurlik is hulle net duur op ander plekke.  Ek het baie moeite gedoen met die pryslys – mooi kleurvol en MOOI pryse. KYK GERUS.

 

Kookwater is nie lus vir dieselfde ou storie elke jaar nie, so ons maak die Swart Vrydag week se inkopie ervaring lekkerder.  2 gelukkige klante staan ‘n kans om elke dag ‘n mooi bos proteas en fynbos te wen.  Dis 2 klante in elke winkel.  Al wat jy moet doen is om jou naam en tel nommer agterop jou strokie te skryf as jy meer as R20 se produkte koop.  Begin vandag nog, want jou naam bly heelweek in die boks tot en met Saterdag wanneer ons 2 klante trek wat elkeen R1000 se produkte uit die winkel kan wen (weereens 2 vir elke winkel.)  As jou naam vandag al in die boks kom, het jy 6 kanse om ‘n prys te wen – en vandag sal die minste strokies in die boks wees.  KOMAAN – ONS WAG VIR JOU.

 

Alles kan mos nie net oor geld gaan nie – dis flou makou.

  • Wallmart gee gratis makoue weg op Swart Vrydag – as jy vinniger as die sekuriteits wag is.
  • I ate a kid’s meal at McDonalds this morning.  His mother was furious.
  • Die afgelope 11 jaar het 115 mense gesterf in gewigoptel ongelukke in gimnasiums.  In dieselfde 11 jaar is net 1 mens oorlede terwyl hy ‘n Donut ge-eet het.  MAAK GOEIE KEUSES !
  • OEFENING kan jare by jou lewe voeg.  Ek het so bietjie gaan draf vanoggend en nou voel ek 80.
  • Beurtkrag is darem ‘n goeie ding….. Die R10 se krag gaan my heel maand hou.

KOM NOU – gaan koop daai TV/yskas/stoof/speelgoed en kry dit agter die rug.  Kom dan na Kookwater toe en spaar RERIG lekker.  Kry vandag sommer ‘n inskrywing of 2 in die boks – dis mos lekker om iets verniet te kry.

 

Geniet jou kleurvolle tuin en week.  Spaar jouself bankrot.  Gaan mal, maar moenie vergeet om by Kookwater ‘n draai te maak nie – die enigste winkel wat VERNIET goed weggee.  Jy kry nie goedkoper as dit nie.

 

Kleurvolle groete

LOTTO ROSSOUW

ns dis nogal moeilik vir my om die Lotto te wen, aangesien ek nooit ‘n kaartjie koop nie.  Ek maak wel die lysie en wen elke dag.