Waterblomme, Dry Lemon, Ginger Ale en ander Braaidag lekkernye

Posted on

Die lewe is goed.  Die Lente is mooi.   Die jare was goed vir my – dis die naweke wat my verniel het.  ‘n Mens moet jou naweke mooi beplan. Veral die langnaweke met ‘n tema soos Braaidag en Erfenisdag.  Kookwater sal natuurlik van 8 tot 5 oop wees om jou by te staan.   Ons voorstel vir Vrydag is ‘n Waterblommetjiepot.  Waar kry jy meer erfenis as dit.  ONS PRYS IS NOU SLEGS R45 PER KG.  Die prys word nie sommer geklop nie. Ons het natuurlik die sampioene (R16.50) wat daarmee saamgaan en die Beginsels (fire starters R12.50) om die frustrasie uit die vuurmaak te haal.  ‘n Avokadopeerslaai (4 Avo’s vir R10) sal goed gaan saam met jou pot.  Probeer ook van ons vele Jimmy’s souse (R9.50 vir 375ml).  Skop jou dag af met ‘n lekker koppie koffie en ‘n klompie van ons Nibbly Bits Beskuite (R19.50).  As ek so lekker geld spaar voel ek mos sommer klaar goed oor die dag.

Kookwater het natuurlik ook ander planne vir die vakansiedag:

  • 1 liter Fitch & Leeders Dry Lemon, Ginger Ale : R7.50 per liter of 3 vir R20.  Ons Pienk Tonic Water val in by hierdie prysklas.  Die somer le voor – bou voorraad op en spaar baie.  
  • 2 liter ‘Bar mixes’: R6 of 2 vir R10:  Lemonade, Indian Tonic Water, Dry Lemon, Ginger Ale. Soda Water.
  • Mieliemeel R9.90 per kg, Stampmielies (Samp) R9.90 per kg.  
  • Lente is die tyd om kleur in jou tuin te kry.  Die boodskap versprei – as jy iets doen, kan jy dit net sowel goed doen.  Hoekom een sespak plant as jy 40 kan plant.  Maak ‘n reuse kleurkol in jou tuin of op jou sypaadjie.  Vrolik sommer die buurt op.  Ons het pragtige gesiggies, Afrikanertjies, Pietersielie, Sierkole en Blaarslaai. Alles teen R9.50 per sespak.
  • Sappies vanaf R48 vir 24  en  Ceres Sappies teen R23.40 vir 6.  Een liter Sappe vir R9.90.  
  • 400gr Rice Crispies en 500gr Corn Flakes vir R25 is ons beste pryse vir die maand.  Kom kuier lekker Vrydag en rek jou salaris lekker ver.
  • NIEMAND KLOP ONS KAASPRYSE NIE: R65 per kg vir ‘diced’ MOZZARELLA en gerasperde Cheddar.  R75 per kg vir Matured Cheddar blokke.
  • Ferrero Rocher R19.50 vir 3 balletjies of R45 vir 8 (geskenkpak).

Wat jy ookal doen die naweek, doen dit met die selfvertroue van ‘n 4 jarige met ‘n Batman T-hemp.

Geniet jou langnaweek, jou salaris en jou waterblompot.  Klink ‘n ietsie op Kookwater met al jou ‘mixes’.

Braaidag groete

Francois