VLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Posted on

Daar is ‘n pragtige MTN advertensie wat male sonder tal op RSG gespeel word: ONS IS ONBREEKBAAR,  ONS IS ONVERNIETIGBAAR, ONS IS ONVERSLAANBAAR.  Dit steek in my kop vas en ek glo dit.  Is dit nie tyd dat ons uit ons huise kom en uit ons dop kruip nie?

Ek is borrelend opgewonde.  Dit kan die heerlike lenteweer wees of die vlak 1 aankondiging of die moontlikhede wat voorle.  Verskeie ekonome voorspel dat die ekonomie met ‘n V-kurwe herstel.  Dit sal. Soek die geleenthede.  Benut dit.  Richard Branson het gese as jy ‘n goeie geleentheid aangebied word, VAT DIT.  Jy kan later uitvind hoe jy dit gedoen gaan kry. 

Erin Hanson skryf in haar gedig:  “There is freedom waiting for you on the breezes of the sky and you ask “What if I fall?”.   Oh but my darling WHAT IF YOU FLY?
Moenie net aan besigheid dink nie.  Hier is ‘n plan vir jou eie lewe:  In ‘n onderhoud met Gary Player in Sondag se Rapport vertel hy van ‘n Tibetaanse filosoof se 4 reels vir ‘n goeie lewe:

Eet die helfte minder.

Oefen twee keer meer.

Lag drie keer meer.

Dra ‘n matelose hoeveelheid liefde in jou hart.

Kookwater het ‘n paar lekker dinge vir die week:

  • Orgidiee ruikers met 3 stringe vir R95.  Blomme vir jouself en vir ander verander my lewe.  Ek weet dit doen vir ander mense ook.  Doen dit vandag.  Ons het ook proteas en 3 kleure speldekussings.  Al gee jy net blomme uit jou tuin – verras iemand met blomme vandag.
  • Feta kaas R17.50 vir 200gr.  Ons het net betyds weer gekry sodat jy daai heerlike somerslaai kan begin maak.
  • SAP 1 liters vir R9.50  – verskeie make en geure.  Heerlik
  • 3 bottels ‘hand sanitizer’ vir R40.  
  • 6x200ml BOS ystee R21.  3 geure
  • 6.x 330ml blikkies LIPTON ystee vir R18 (perske, suikervry).  As diabeet hou ek sommer ‘n paar blikkies permanent in die bakkie.  Vir die lekkerte en gesondheid.
  • Nibbly Bits se beskuit R19.50 – karringmelk.
  • Starbucks koffiekapsules R35 vir 10.

5 besighede in Wellington het besluit om te help om ons dorp te verbeter.  Elke besigheid borg een salaris vir een werker vir een dag om ons dorp se ingange weekliks rommelvry te hou.  Die groep se naam is MOOI WELLINGTON, want ons is trots op ons mooi dorp.  Sluit gerus aan (Whatsapp my 084 2334 899) of begin jou eie plan.  Ons dorp (en jou dorp)  het ook pragtige riviere wat skoongemaak kan word, wandelroetes wat verfraai kan word, mense in nood wat gehelp kan word.  Ek is trots op my dorp en sy mense.  Ek sal nie aansluit by die immergroeiende groep ontevrede, kermende, klaende poel rusbankkritici en sosiale mediakrygers nie. 

Ek sal my hande uit my sakke uit haal en self iets doen daar waar ek kan.  Ek kan nie wag om te sien watter planne jy gaan maak in jou omgewing nie.
Mag jy jou slapelose nagte vul met planne om ‘n verskil te maak.  Mag al jou planne waar word.

Mooi Lentegroete uit Mooi Wellington

Rommelkryger Rossouw