Verlengde Swart Vrydag KAAS KASKENADES

Posted on

Week 1 was ‘n goeie opwarming sodat jy nie ‘n spier trek agter die vol trollie nie.  In Week 2 gaan dinge rof raak.  Daar is nog ‘n paar produkte van Week 1 oor en die pryse bly so laag.  Nou fokus ons bietjie op KAAS. (en nog ‘n paar ander lae prys bielies):

  • Roomkaas – gewoon en gerookte salm R17.50.  Hierdie is Parmalat en President se produkte. (R45 in ander winkels)
  • SIMONZOLA BLOUKAAS. R17.50.  Laat die kaasbord kreun.  
  • MELROSE KAASSMEER R19.50 vir 250gr.  BILTONGGEUR
  • LAUGHING COW KAASDRIEHOEKIES R13.50
  • Klein blokkies CHEDDAR van Parmalat R75 per kg
  • Klein blokkies MATURE CHEDDAR van Parmalat R85 per kg.
  • Mature Cheddar en Mature Gouda R75/kg

Asof hierdie nie al genoeg is nie, sit ons nog ‘n klompie ander produkte by:

  • Jimmy’s SALAD DRESSING 750ML R12.50 – die somer le voor.
  • 3 “Ripe & Ready” Avokadopere vir R10.  Dis heerlik.
  • 6 pak YOGHURT vir R7.50  –  Parmalat Tubz
  • JOHN WEST TUNA sakkies R15  (R25 elders)
  • STARBUCKS KOFFIEKAPSULES (slegs Columbia geur) R19.50 vir 10. Koop genoeg vir die vakansie en moenie vergeet van daai Nibbly Bits beskuit teen R17.50 nie.
  • 8 Engergiestafies vir R15 (Engergy Bars en Ovals)
  • Sweet Chilli Pasta & Chick Peas Pastaslaai R9.50
  • Moirs 500ml Aarbei Geursel R15
  • 4 Kersfeeskoek blokkies vir R15 (vrugtekoek – jy sal self die brandewyn moet oorgooi)

Wat meer kan ‘n mens se?  Dis lekker pryse die en jy hoef nie te wag tot Vrydag se malligheid en simpel rye nie.  
Ek hoop jy is net so opgewonde soos ek.  Ek eet dalk bietjie se veel Avo’s en die 2 liter koeldranke vir R5 en die blom en groenteplantjies vir R8.50 per sespak verstom my nog steeds.

Grootspaargroete

Kleingeld Rossouw