Verjaarsdagvieringe en ‘Dans moves’

Posted on

Die 1-jaar-feesvieringe loop mooi.  Ons is erg opgewonde.  Die lae pryse loop los rond (in albei winkels – ‘n mens kan mos nie die ouer kind afskeep nie).

Aan die tuisfront word daar hard gestudeer.  Ek sal altyd ‘n vorige skoolhoof se raad vir die ouers onthou:  Jou werk is om te ondersteun.  (nie dreig of kerm of neul om die ore nie) Positiewe motivering.  Dra Hot chocolate aan, pak Steri Stumpies (R24 vir 6)in die kosblikke, bak ‘cake in a mug’ (R6.50 vir 4) na die toets.

Jy mag maar die TV afsit, die selfone konfiskeer en die rekenaar wegpak tot na die eksamen.

Die Protea Krieketspan vat weer voor Vrydagaand.  Ondersteun hulle met ‘n goeie voorraad Kookwater biltong, Lekker Kookwater Braaisampioene sal ook werk as verversings.  

Kyk bietjie hier vir ‘n paar partytjie-verrassings:

  • Helderberg Ertjies R6.50
  • Fruitree Sap – Glasbottels R36 vir 6
  • Sprite R6.50 vir ‘n GROOT blik
  • Glutenvrye Lasagna R14.50 vir 250gr
  • Die heelrikste Parmalat Cheddar en Gouda R69 per kg.
  • Wraps R24.50 vir 11 GROTES.  Die voorraad sal nie vir ewig hou nie.
  • Ons het nou 5 soorte proteas – kom koop vir die lig in jou lewe. 

Ek het die oulikste dansvideo gekry van ‘n ou wat nie sy opgewondenheid kan beteul oor Kookwater se partytjie nie. Geniet dit.  

Geniet die week, die partytjiepryse, die lekker weer, die skoon strate(dankie Drakenstein Munisipaliteit) en sommer alles wat lekker is.

Opgewonde Groete

Francois