vakansieplanne, Coco pops en Hollandse toeriste

Posted on

Hello Almal
Ons gaan op verlof vanaf 16 Desember tot 7 Januarie. Ons vra advies en verwysings. Ons kyk na ‘n stil plekkie, nie te veel mense, verkieslik by die see.  ‘n Tipe ‘all inclusive’ resort by die Weskus.  Ons is bereid om tussen R80 000 en R120 000 te spandeer op verblyf en petrol om die jaar in vrede totsiens te se…..    Weet julle dalk waar ons die geld vandaan gaan kry?😁

Ons almal is bly dat die oorsese toeriste weer op pad is.  Dit is egter belangrik dat ons hulle tog maar inlig omtrent ons land.  Die basiese dinge soos:  

  • Ons ry nie op renosters en olifante nie,
  • Daar loop nie leeus en kwaggas rond in die strate nie, en die heel belangrikste:
  • Jy kan nie op ‘n Kaapse Kobra fluit nie.  Die Burger het verlede week ‘n berig gehad van ‘n Hollandse toeris wat deur ‘n Kobra op sy toti gepik is.  Verduidelik asb aan jul gaste dat, alhoewel die plaaslike inwoners om elke hoek en draai belt losmaak, jy nog steeds ‘n groot respek moet he vir die plaaslike reptiele.  Hulle vervies hulle as jy op hulle fluit.  Praat maar mooi, almal met geld is nie ‘streetwise’ nie.

Daar is drie dinge op almal se lippe hierdie tyd van die jaar:  Die HITTE (eers more weer), Die afskeidspartytjie en presente en natuurlik Die vakansie.  Kookwater is reg vir alles:

 

Die HITTE:

  • LIPTON  YSTEE:  3 liter R25,  2 liter R15, 1,5 liter R12.50,  500ml botteltjies R36 vir 6,  330ml blikkies R29.50 vir 6.
  • Fruitree glasbottels: R36 vir 6 – 3 geure.
  • 1,5 liter  LIQUI FRUIT  R17.50

Die Afskeidspartytjies – dankiese tyd:

  • Coco Pops Treats R2.50 elk of R30 vir ‘n boksie van 15.  Koop vir Juffrou ‘n boksie en sommer vir elke kind in die klas of in jou rugbyspan een of 2.  Vir Entrepreneursdag kan jy dit verkoop vir R4 elk (op die boksie geprys) en jy betaal net R2.
  • By die werkspartytjie sal jy beslis die beste werkgewer / werknemer op die dorp wees as jy geskenkies soos ons Ferrero Rocher geskenkpakkies met 6 balletjies vir R45, uitdeel.  (nie vir almal nie, jy sal bankrot wees – 3 Coco Pops elk vir die res van die werkers).

Die VAKANSIEPLANNE:

  • GAAR NEUTE OP SOOS EEKHORINGS:  SAFARI 100gr Amandels, ‘Sliced’ Amandels, Blokkies Amandels en Luxury Nuts&Fruits R19.50 per pakkie of 2 vir R30.  Ons het ook groot pakke Amandels teen R135 per kg en vele ander gemengde neute.  Kom bou voorraad op – ons pryse is beslis die laagste.
  • Drinkgoed – sien hitte planne hierbo.  Ons ander wenners is 4 x 5liter Water vir R19.50,   3 x 1liter Fitch & Leeder vir R20 : Dry Lemon en Ginger Ale.  1 liter Pienk Tonic Water – R7.50.
  • Resepte:  Ons sukkel nog bietjie met die kosmaak.  Weet iemand dalk hoeveel brandewyn by 2 minute noodles kom?

Die stresvlakke is hoog hierdie tyd van die jaar.  Dames, dit sal natuurlik help as jy die perfekte man het.    DIE PERFEKTE MAN – staan elke oggend 5 uur op, maak sy eie kamer skoon, vee die vloere, doen oefeninge elke dag, sit nie sy lippe aan drank nie, help in die kombuis, is altyd betyds, chat nie met ander vrouens nie en gaan slaap elke aand 9 uur.  WAAR KRY JY SO ‘N MAN?…..  In die tronk.

 

Fluit Fluit, my storie is uit.

 

Kobra Groete

Tronkvoel Rossouw

ns – Kookwater is oop in Desember en Januarie – daai eerste paragraaf was net ‘n grappie.