vakansieplanne – beter as Mufasa s’n

Posted on

Nie almal van ons kan soos Mufasa (die leeu) daar in die Karoo Nasionale Park ‘n bietjie wegbreek en 300km tot in Sutherland stap vir die vakansie nie.  Ons het egter ‘n paar Kookwater idees vir die vakansie:
ONTBYT:

  • Roosterbrood met Melrose (400gr vir R19.50) of met Peck’s Geroosterde salmsmeer (R9.50).  Dis mos heerlik.
  • Ons Nutristart opsie (R4.90 per bakkie of R22.50 vir 500gr) of selfs die Futurelife opsie (R15 vir 500gr) sit sommer heelwat energie in die kinders.

BESIGHOU PLANNE

  • Moir’s Soft ‘n Moist sjokoladekoek R16.50.  Bak een vir die kinders (en vir Pa)
  • Koekinnikoppie – 4 vir R7.60.   Laat die kinders self hul koek bak met minimale gemors in die kombuis.  – Slegs een en ‘n half minuut in die mikrogolf.
  • Die koekinnikoppie gaan heerlik saam met die Parmalat vla (R18.50)

STOEPSTORIES

  • 500gr beskuit vir R19.50 – ‘n lekker koppie koffie op die stoep vir jou en jou wederhelf gaan goed af saam met hierdie heerlike beskuit.. Dis nie net kinders wat bederf moet word nie.
  • 5 soorte Roomkaas R14.50.  Maak lekker versnaperinge vir julle ou twee duifies saam met daai sononderdrankie. 

HEELTYD KNAAGTYD – 

  • 8 Safari vrugtestafies (R17.50) vir gesonde versnaperinge deur die dag.
  • 5 Otees Bars vir R15.50
  • 200ml sappies R3.90 – Fruittree, Zing, Rhodes
  • Ceres aanmaaksap – 1 liter maak 5 liter   (R17.50)

Daar is eenvoudig te veel nuwe produkte om alles te noem.  Kyk op daai lys.
Ek het vanoggend weer breed geglimlag toe ek BlouwilleMaandag se rubriek in die Burger lees.  Willem skets daar prentjie van Mufasa wat naby Sutherland gevang is en toe die nag in die polisieselle moet deurbring.  Kan jy dink hoe die dronkies wat die naweek in die sel langsaan was, wakker geword het toe Mufasa lostrek met sy mees passievolbedonnerde willetuinbrul.
Geniet die week, en onthou dat ons Donderdag en alle vakansiedae oop is van 8 tot 5.


Vakansiegroete, Francois

Hier is die storie in ‘n kort video
Die vakansie is hier – (vir sommige van ons ten minste)

Francois