Vadersdagidees – bederf die ou ‘n bietjie

Posted on

Ja, ek weet die vaders het reeds ‘n hele naweek gehad ( Pa’snaweek), maar gun die ou darem nog ‘n bederfie.  Ons het groot planne om die pa in jou lewe lekker te bederf. Ons het die hele Vadersdag vir jou beplan:

  1. Begin met ONTBYT IN DIE BED, oftewel KOFFIE IN DIE KOOI.  Ons het Cafe a la Carte (R25), koffiekapsules(R20 vir 10), koffiebone (R14.50) en JACOBS koffiesakkies (R37.50 vir 10).  Sit ‘n beskuit of 10 by (R18.50).  As Plan A (die beskuit) nie voldoende is nie, sal ‘n AVOKADOPEER  roosterbroodjie beslis die ding doen. (3 Ripe & Ready Avo’s vir R10).  ‘n 100% Sappie van Rhodes (Appel, Lemoen of Mango) sal die prentjie perfek afrond (Slegs R19.90 vir 2 liter)
  2. MIDDAGETE:  ‘n Heerlike stuk steak (ons het nie steak nie, maar ons het heerlike kaassous en pepersous van Lancewood vir slegs R15).  Alternatiewelik sal WATERBLOMMETJIEBREDIE ook ‘n lekker bederf wees (R35 vir 500gr).  Rond die maal af met ‘n lekker slaai met FETA kaas in (R33.50 vir 400gr)
  3. AANDETE of selfs ‘n SONSONDERGANGVERSNAPERING (Sundowner).  KAASBORD MET: MATURED CHEDDAR (R65 per kg), Matured GOUDA (R65 per kg), Kookwater BILTONG (R280 per kg), Simba Chilly Biltong skyfies (R14.50 vir ‘n groot pak)
  4. KOSBLIKKE VIR MAANDAG (Hierdie werk vir die kinders ook):  200ml Sappies van Ceres, Rhodes, ens (R23 vir 6), Natures Valley dubbelstafies (3 vir R10), Hand Sanitizer (R19.90 vir 100ml, 70% alk), Laughing Cow kaasdriehoekies (R16.50).  ‘n Botteltjie DIKBEKPILLE sodat die ander ouens by die werk ook ‘n beter dag kan he.

Jy kan natuurlik altyd vir die ou ‘n geskenk koop wat sy sagte kant (feminine side) sal aanraak: 2 stringe orgidiee vir slegs R100, of ‘n bos Venus PROTEAS (R10 per blom).  Vir die tawwer manne sal ‘n houtkissie met ‘n spekboomplantjie in dalk beter werk.

As jy nie lus het vir al die drama nie, koop net vir die ou knol ‘n groot stuk biltong of ‘n paar ‘slabs’ Lindt sjokolade.  Dit sal ook werk.

Geniet die pragtige wintersweer.
Vadersdaggroete

Frans – aka Pa van die Jaar.