VAALTYN JOU LEKKE DING

Posted on
blomme hart

Jy kan nie se jy’t nie geweet nie, want dis orals.  Jy kan nie se die blomme is belaglik duur nie, want Kookwater het PROTEAS: 4 vir R55.  Los die ou ander verskonings en doen iets lekker.  Teen die tyd dat jy hierdie brief kry, is dit dalk bietjie laat, maar wees nie bevrees nie, Kookwater kan nog help.

Plan A: VIR DIE KINDERS.  Het jy al ooit op skool gevoel hoe dit voel om oorgeslaan te word? Moenie dat dit met jou kind gebeur nie.  Whatsapp vir sussie/boetie en se die partytjie is op pad.  Hier is ‘n paar verrassings.  Koop vir elke kind in die klas ‘n pakkie Chips – 30g vir R4.50 of R3.50 as jy meer as 10 koop.  Ons het die prys spesiaal laat sak sodat almal bederf kan voel.  Maak ‘n kaartjie vir elke kind (nie dieselfde nie) en sit ‘n Ferrero Rocher balletjie in (R14.50 vir 3 balletjies).  As jou kinders in een van daai papdikskole is, koop vir die hele klas elkeen ‘n hartjie met 3 sjokolade balletjies in vir R16.50. Koop vir Juffrou of Meneer ‘n groot hart met 12 balletjies in vir R79 (komaan, moenie dat die ander kinders dink julle is arm nie).  ‘n Bos Proteas  vir die Juffrou sal ook vir boetietjie vir minstens ‘n week die witbroodjie maak.

Plan B: BY DIE WERK.  ‘n Proteas in elke personeellid se kissie of op hulle stoel in die personeelkamer sal werk.  Ferrero Rocher sjokolade balletjies (R14.50 vir 3) – een balletjie per persoon langs hul koffiebekers sal groot byval vind. Wat van ‘n gelukkige trekking en een ou wen daai pragtige hart met 12 sjokolade balletjies in of ‘n pakkie met heerlike biltong en ‘n klein hartjie met 3 sjokolade balletjies om die prentjie af te rond.  Kyk bietjie of jy nie ‘n suurknol of 2 kan laat glimlag nie.

Plan C: STUDENTE EN JONG WERKENDES.  ‘n Pakkie LAFF BITES (R14.90) behoort die humor in die verhouding te hou.  Dit breek nie enige begroting nie en jou Valentyn sal die idee kry. Rond dit af met ‘n paar bougainvilla blomme.  Hulle is mooi kleurvol en volop.  Daar by ‘n sekere manskoshuis staan ‘n pragtige onderbenutte, onderwaardeerde reuse bos – moenie se ek het gese nie.

As die VAALTYN STORIES nie vir jou is nie, kom kuier bietjie by Kookwater. Ons het gerasperde CHEDDAR vir R95 per kg.  Ons het ook 3kg sakke diced Cheddar vir R255 (dis R85 per kg).  Boursin Kaas raak nou min (Dit kan dalk wees omdat dit net R30 kos – R90 elders).  Wraps kos nog steeds R15 vir 5, Bang Energiedrankies vir R6.50, All Gold Tamatiesous – 2 vir R21.90, 250g Nesquik pap R23.50 en vele meer.

  • As jy langer as ‘n jaar enkel is, moet jy kyk of jou liefdeslewe nie ge- ‘blacklist’ is nie.
  • My bure stry nou nog oor daai panty wat ek in hulle jaart gegooi het. Nou dink my buurvrou haar man verneuk haar. Jy wil mos jou wifi password verander.
  • Elke keer as die krag afgaan, is ek beindruk oor die uitgebreide woordeskat waaroor ek beskik.
  • Doen iets goed vir iemand soos jyself, wat dit nie verdien nie. Geniet die dag.  Laat lewer ‘n pragtige bos blomme vir jou af by jou werk en laat almal wonder. Doen net iets man.

Liefdevolle groete

Frans Vaaltyn

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.