Tuindag en Lente onvoorspelbaarhede

Posted on

Ons word bederf deur die mooiste afwisseling van kleure in die natuur rondom ons. Die goudgeel golwende Canola lande word vervang deur die grasgroen koringlande en die pragtige bloupers wilde ertjies.  Op die pad na Malmesbury is die pers vygiebosse langs die pad ‘n lus vir die oog.  Die kersie op die koek is die pragtige tuine by die ingang van SWARTLAND WYNKELDER.  Die vygiebosse blom uit volle bors.  Baie dankie Swartland Winery.  Rondom Wellington is daar ook baie boere en besigheidseienaars wat voor hul besighede en die area rondom dit mooi maak.  Gras word gesny, blomme geplant en rommel word gereeld opgetel.  Baie dankie.  

Jy hoef nie te wag  tot iemand anders jou dag mooimaak nie, takel jou eie tuin en jou eie buurt.  Sondag is nasionale TUINDAG en ons het net die plante om jou dag te maak. Begin by jou groentetuin:  Ons het 2 soorte blaarslaaie, Spinasie, Basiliekruid, Pietersielie en Wit Boerpampoenplantjies – almal R9.50 per sespak of per pot. Jy moet kleur ook insit – Grasangeliere en die mooiste pers, pienk en rooi VYGIES – R9.50.    Bring bietjie kleur in jou huis in – Mot Orgidiee plante vanaf R140, Orgidiee ruikers – R95 vir 3 stringe en Speldekussingbossies – 10 vir R50 (gemengde kleure) sal jou dag opvrolik.
Temperature in die Lente is onvoorspelbaar, maar ons is reg vir die hitte en die koue.  Vir die hitte is daar darem niks beter as heerlike koue sappe – 1 liters teen R9.50 en 2 liters teen R19.50.  Moenie die kinders se kosblikke (en jou eie) vergeet nie – ons het heelwat geure Ceres en ander soorte 200ml sappies teen R21 vir 6.  Drinking Yoghurt botteltjies (9 vir R18) en 6 pak yoghurts (R9.90 of 2 vir R19.50) is ook heerlik gesond vir die somer wat voorle.  As die hitte op grootmaat toeslaan, slaan terug met ons 2 LITER KOELDRANK VIR R5.
Vir daai effense koel mistige oggende is ons ook reg:  Koffie en beskuit gaan goed af:

  • Cafe a la Carte koffie R49
  • STARBUCKS koffiekapsules R35 vir 10
  • Jacobs Espresso koffiebone R49
  • Jacobs Kronung Pure Ground Coffee  R37.50
  • Jacobs 3 in 1 koffiesakkies – 10 sakkies vir R37.50
  • NIBBLY BITS BESKUIT:  R19.50.  Dis nie aldag dat ons so ‘n groot verskeidenheid soorte het nie.  Almal is heerlik:  Bran, Karringmelk, Condensed Milk, Vegan, Mosbolletjies, Honey&Oats en Muesli.  Ek moet myself net inhou om nie my somerlyfie te verloor nie – dis heerlik.

Mooi Wellington is ‘n groep besighede wat besluit het om te help om die ingange van Wellington rommelvry te hou.  Ons het werkers wat daagliks rommel optel in die toevoerpaaie na Wellington.  Die sukses is sigbaar.  ‘n Onooglikheid wat ook aangespreek moet word is Graffitti.  Die vibacrete rondom die Newton sportkompleks, en by die ingang vanaf die Daljosafat skooltjie is reeds met sement toegeverf. Sement werk goed, aangesien dit die kleur van die vibacrete is.  Om dit toe te verf werk nie goed nie.  In Berlyn het die munisipaliteit ‘n beleid dat geen graffitti langer as 24 uur op sal wees voor hulle dit verwyder nie.  Hulle kry dit sowaar reg.  Dit se iets van ‘n stad. In teenstelling met hulle is die oudste universiteit in Europa (in Portugal) se pragtige standbeelde en geboue vieslik ontsier deur spreiverf graffitti.  Niemand doen iets daaraan nie.  Dit se ook iets van jou dorp, jou besigheid, jou kerk as jy toelaat dat penis enlargements- en aborsieplakkers van al wat ‘n sangoma is op die lamppale pryk.  Kom ons staan saam om ons dorpe mooi te maak. Kontak my gerus as jy deel wil word van Mooi Wellington.

Mag jou tuin, jou huis en jou lewe vol in die blom wees die week,
Vygiegroete

Kleurblind Rossouw