Terug skooltoe en tuisbly planne

Posted on

Gerugte wil dit he dat die skole (gedeeltelik) en vele besighede weer volgende week kan begin.  Ons is saam met jou bly as jy onder die gelukkiges tel wat nou weer kan werk (of nog steeds).  Natuurlik sal ons jou help om voor te berei vir die kosblikke:

  • Lancewood kaassmeer R15.50. (In bakkies in die yskas).  Die Marmite Kaassmeer (R22.50) is ook heerlik.
  • Kaasvingers R2 elk – 3 geure: Gouda, Cheddar en Biltong.
  • Individueel verpakte koekies en dubbelverpakte koekies teen R3.50. (R26.50 elders)
  • Vidal pakkies suurlekkers, Gummy Bears en vele ander soorte R9.50.  Gewoonlik pak ons nie lekkers in skool toe nie, maar na hierdie lang vakansie is ekstra aansporing nodig om die skool aantreklik te maak.
  • 100gr Mango ‘strips’ vir R15.  Eenvoudig heerlik.  Ons het ook nog ‘n beperkte voorraad Fruit Dainties teen R18.50 en verskeie vrugterolle.  Heerlike, gesonde versnaperinge.
  • Pak maar ‘n botteltjie handreiniger ook in – ons pryse is loshande die goedkoopste – R22.50 vir 100ml – dis Jelgebaseerd – dit hou bietjie langer op die hande.
  • VOLWASSE KOSBLIKKE het ekstra aansporing nodig:  ‘n Lindt Sjokolade (R25) behoort jou deur daai eerste dag te help.  Vat sommer ‘n MERCI sjokolade ook saam vir jou baas om dankie te se (in Frans) vir die werk. (‘n Bietjie kruip het niemand nog kwaad gedoen nie).  MACARONS van Yummi Chef teen R15 is ook ‘n heerlike bederf as jy ekstra motivering nodig het.  – Kyk in die vrieskas.

Jy hoor orals dat dinge nie weer gaan terugkeer na normaal nie – die normaal gaan verander.  Jy kan deel wees van hierdie nuwe normaal.  Plant jou eie groentetuin.

  • SOETRISSIEPLANTE R25 – Oranje, geel en Rooi.
  • Groenteplantjies R9.50 per sespak.:  Beet, Spinasie, Blaarslaai, Pietersielie, Blomkool en vele meer.  Maak die boer in jou wakker.  Dis mos heerlik om iets se sien groei – al is dit net die slakke.  Geniet die boerdery.

Van Vrydag af moet almal maskers dra.  Kookwater soek mense wat wil help vir bejaardes en mense wat dit eenvoudig nie kan koop nie.  Is daar dan nie mense wat tans bietjie tyd het om te help maskers maak nie.  Ek sal die materiaal aankoop (as iemand my kan se waar).  Ek soek net makers.  Ondervinding het my geleer dat mens nie die ouens moet vra wat niks het om te doen nie – hulle sal ‘n rede vind om hierdie ook nie te doen nie.  So ek vra die hiperbesige mense – hulle sal tyd kry om hiermee ook te help. 

Kontak my gerus per sms of whatsapp by 084 2334 899.  

Lekker werk, lekker rus en lekker spaar by Kookwater.  Onthou ons is alle vakansiedae oop van 8 tot 5.  Ons kan nie wag om jou in die winkel te sien nie.

Groete en dankie (Merci) vir jou ondersteuning

Frans