TERUG NA NORMAAL? NUWE NORMAAL? DIESELFDE OU TWAK?

Posted on
utopia

Die groot afwagting is verby. Die lang wag in die rye is verby.  (Ek het bewondering vir die ouens en vrouens wat so lank in die rye gestaan het).  Nou wat nou?  Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde?  Ons kan tog nie teruggaan na die ewige geween en gekners van tande oor alles wat verkeerd is nie…. die facebook krygers wat alewig reken die vinger is magtiger as die hand.  Dis tyd dat ons die hand uit die mou haal en iets doen.  Hoekom is ons toegangsroetes tot ons dorpe langs die paaie so vuil?  Hoekom le die papiere in jou straat, in jou parkie, teen jou skool se drade, voor jou besigheid en langs jou plaas se grensdrade aan weerskante van die pad wat aan jou plaas grens?   WAAR IS DIE TROTS? WAAR IS DIE SKAAMTE? Seker die regering se skuld…  Ek kom gereeld mense tee wat groot uitbrei oor hoe vuil alles is en hoe hulle al die munisipaliteit aangevat het en wat hulle alles gedoen het, behalwe ‘n sak gevat het en die gemors in hul eie straat skoongemaak het.  As jy ‘n man kan kry om in jou tuin te werk, hoekom kry jy nie ook iemand om jou BUURT / STRAAT / SYPAADJIE skoon te maak nie?  HOEKOM BLOM ONS DORP NIE?  Ons dorp het mense soos JY nodig, met beursies soos JOUNE, en hande soos JOUNE.  JY kan help planne maak …….. of net agteroor sit en KLAAAA. 

 

UTOPIA vir my: 

  • Mense wat werk het (en werk) en trots is op hul werk.
  • Bejaardes wat nie hulself afskryf nie en nie hul geweldige kennis en ervaring net laat gaan nie, 
  • ‘n Pragtige omgewing om in te woon. 
  • Kriminele wat hul talente ten goede aanwend en hul kriminele aktiwiteite staak.
  • DAAR IS BAIE MEER dinge wat ek van sal hou, maar TROTS en NAASTELIEFDE is ‘n goeie begin.

UTOPIA vir jou beursie:

  • Mozzarella loaves – R79 per kg. (ook kleiner blokkies).  Dis gewone mozzarella.
  • ULTRA PET, ULTRA DOG. 3kg vir R139. (gewone prys R262+) 3 soorte: 28% Protein, Optiwoof en Special Diet vir ‘Joint health’ – promotes mobility.  Jou honde verdien dit.
  • 6 pak LANGLEWE MELK vir R59.  BB 11 Mei 2024, maar hulle sal nog maande hou.  VOLROOM.  Dis goedkoper as vars melk.  Koop vir jou daaglikse gebruik.
  • DETTOL oppervlak ontsmettingsmiddel. 500ml R27.50.  Spuitbottel.
  • 750ml SONNEBLOM OLIE R27.
  • CHIPO’S CHIPS – nou 3 pakkies vir R10.
  • BEVRORE KOSSE: NU VEG ASIAN RANGE: 2 X 350g vir R65 (Chop Suey en Thai Panang Curry), CHILLI CON CARNE 2 X 350G VIR R30 en KIDZ PASTA BOLOGNESE R35.

Daar is vele meer: Dip & Top, Gratis Lemmetjies, Sweetcorn – 6 klein blikkies vir R44, ens.  Daar kom VANMIDDAG  nog lekker goed in: 200ml STERI STUMPIES R29 vir 6, PUREJOY 200ml SAPPIES R29 vir 6.  PRESIDENT BRIE EN CAMEMBERT R18.50 en vele meer.

 

KAN JY PANNEKOEK BAK? Wil jy jou eie besigheid begin of fondse insamel vir jou kerk / skool / gemeente?  Daai Kookwater Winkel in Newton soek iemand wat Maandae, Vrydae en Saterdae wil Pannekoek bak vir ‘n inkomste.  Geen salaris.  Die ideale persoon moet in die omgewing naby die winkel bly om vervoerkoste te elimineer.  Komaan, as jy TYD het, kan jy dit net sowel omskakel in GELD. Belangstellendes kan my Whatsapp op 084 2334 899.  Aansoeke sluit 14 Junie.

 

Is Koalisie dan nie die kaptein van die Bokke nie?  Hulle praat darem nou baie van hom na die verkiesing.  Makeer hy iets?

‘n Moerige ou met padwoede skreeu vanoggend vir my by sy motor se venster uit: “Ek gaan jou lewe ‘n lewende hel maak”.  Ek skree toe terug: “Dankie, maar ek stel nie tans in ‘n verhouding belang nie”

EK DOEN VANDAG NIKS NIE.  Ek het gister begin daarmee en is nog nie klaar nie.  EK GEE NIE SOMMER OP NIE.

I am on my second Guardian Angel.  The first one quit and is now in therapy.

 

Mag jou sopnat dag heerlik wees (dink net hoe lekker groei jou grasperk)  Mag jou beursie vol bly ten spyte van al die hope lekker goed wat jy by Kookwater koop (dis maklik) en mag jou planne vir jou buurt/straat/skool/besigheid/dorp NOOIT OPRAAK NIE.

 

Koalisie Groete

Frans Pannekoek