CAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Een van die vrae wat ek die meeste gevra word, is: As ek grootmaat koop, wat is die beste prys? UITEINDELIK word hierdie ouens se droom bewaarheid. Ons gewone uiters lae prys op Bashew blikkies is R5.50. Hierdie is baie gewild. Ons het nou ‘n grootmaatprys op 2 soorte Bashews: Cola en Iron Brew. As jy 24 of meer koop kos dit net R100 per pak van 24. Dis R4.17 per blikkie. Gaan groot.
Die voorraad Ceres sappies (R21 vir 6x200ml) raak vinnig minder, maar hou nog. Ons het ook ‘n paar ander hittebrekers: … Lees gerus verderCAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Posted on

Mooi dae, pragtige blomme en ‘n Kookwater Skoolbrief

Dis heerlike Lente. Die wereld blom en die Boland is pragtig. Ons het die pragtigste Orgidiee ruikers (R95 vir 3 stringe blomme) om iemand se dag en huis mooi te maak. Die groot probleem met die orgidiee (uit ‘n besigheidsoogpunt) is dat dit vreeslik lank hou – letterlik weke. Daar is ook heelwat Proteas en die mooiste speldekussings in die winkels.
Die skole is weer oop vir alle grade en ons moet natuurlik ons deel doen om almal se akademiese dae op te helder. Ons sal sorg vir die kosblikke, maar ‘n mens moet altyd ‘n plan B he as dinge verkeerd loop met die take ens. Ek het die mooiste ouerbrief raakgeloop wat ‘n ouer gevra is om te skryf toe Jan Junior se taak nie die sperdatum gehaal het nie. Ek tik dit sommer oor, want die oorspronklike brief was met die hand geskryf en nie baie duidelik nie: … Lees gerus verderMooi dae, pragtige blomme en ‘n Kookwater Skoolbrief

Posted on