Tuindag en Lente onvoorspelbaarhede

Ons word bederf deur die mooiste afwisseling van kleure in die natuur rondom ons. Die goudgeel golwende Canola lande word vervang deur die grasgroen koringlande en die pragtige bloupers wilde ertjies. Op die pad na Malmesbury is die pers vygiebosse langs die pad ‘n lus vir die oog. Die kersie op die koek is die pragtige tuine by die ingang van SWARTLAND WYNKELDER. Die vygiebosse blom uit volle bors. Baie dankie Swartland Winery. Rondom Wellington is daar ook baie boere en besigheidseienaars wat voor hul besighede en die area rondom dit mooi maak. Gras word gesny, blomme geplant en rommel word gereeld opgetel. Baie dankie. … Lees gerus verderTuindag en Lente onvoorspelbaarhede

Posted on