Gee en Gee en Gee en Bederf jouself
Een van die groot lesse wat ek vroeg in my lewe moes leer is dat ERKENNING vir prestasies bereik baie belangrik is. As jy ‘n mikpunt bereik het, maak iets daarvan. Moenie jou mikpunte afkraak met iets soos: “Ag dis nie eintlik iets nie, ander doen baie beter” nie. Dis JOU mikpunt, jy het GEWERK daarvoor, jy het dit BEREIK. Beloon jouself. Dis uiters belangrik. Miskien is ‘n Saterdag in die tuin vir jou beloning, of ‘n kuier by die buurvrou of iets lekkers soos ‘n Ferrero Rocher. Gaan kyk na jou lewe – Jy het Fase 6 beurtkrag, Dag 0 en COVID oorleef. Sit terug en klop jouself op die skouer. Jy verdien iets lekker. As soet goed jou ding is (of iemand ander s’n wat dit nodig het), het ons net die ding vir jou: … Lees gerus verderGee en Gee en Gee en Bederf jouself